Agri Kultuur January / January 2018 | Page 66

‘n Aktiewe belangstelling in u besigheid U mag dalk van ‘n rekenmeester en/ of boekhouer gebruik maak om u maandelikse bestuurs- of finansiële state voor te berei, maar lees u hierdie verslae om seker te maak wat die verslae weergee? Maak u seker dat die inligting wat aan die rekenmeester en/of boekhouer verskaf word, wel akkuraat en volledig is, ten einde te verseker dat ‘n betroubare stel verslae opgestel kan word? Finansiële verslae is noodsaaklik om die finansiële gesondheid van u besigheid vas te stel en dis ‘n waardevolle instrument om doelwitte te stel Dis ook noodsaaklik vir die neem van belangrike en gesonde AgriKultuur |AgriCulture Mandy Roesstorff BVSA besigheidsbesluite en om finansiering te bekom. Met u as eienaar se kennis van u besigheid, tesame met ‘n bietjie belangstelling en opleiding, kan slegs u verseker dat u finansiële state sinvol, op datum en akkuraat is. Om ‘n besigheid te bedryf sonder goeie finansiële verslae is dieselfde as om ‘n sportspel te speel sonder die nodige inligting soos puntetelling, die oorblywende tyd, ens. Ongeag die kwaliteit van u afrigting is dit onmoontlik om effektief te speel onder sulke omstandighede. In ons ervaring probeer baie kleinsake-eienaars om hul besigheid op hierdie manier te bestuur. Hul finansiële 66