Agri Kultuur January / Januarie 2016 | Page 70

Engela Duvenage D is vroegoggend op Stellenbosch, en ‘n vertrek vol mense sit in die statige JH Neethlinggebou en proe stil-stil aan bietjies-bietjies wyn. Dis die lede van een van die Universiteit Stellenbosch se sensoriese evalueringspanele. Hulle is daar om hul besonderse proe- en reuksintuie agter die navorsingspogings van wynkundiges van die Departement Wingerd- en Wynkunde en die Instituut vir Wynbiotegnologie in te gooi. Danksy hul sogenaamde wynprofileringsvaardighede help hulle onder meer om ‘n sintuiglike profiel van spesifieke wyne saam te stel. Hulle evalueer en beskryf dus hoe ‘n wyn ruik, smaak en lyk. Die wyne waaraan hulle proe is almal deel van een of ander navorsingsprojek, of is spesifiek gemaak met ‘n sekere doel voor oë. Dis die proepaneellede se taak om alles uit te vind oor wat die invloed van spesifieke wingerdbou- en wynmaaktegnieke en behandelings op die reuk, smaak en voorkoms van die eindproduk is. Die data word dan statisties ontleed om gewig aan spesifieke navorsingspogings te verleen. werk, en het daarby baie keer die lig gesien danksy aansienlike ondersteuning deur die bedryf en ander befondsers. Die sukses van hierdie navorsingsprojekte hang dikwels daarvan af of ‘n verbruiker die uitwerking van ‘n spesifieke behandeling op ‘n wyn kan optel of nie. Dit is hier waar die insette en terugvoering van die sensoriese evalueringspaneellede van onskatbare waarde is. Die deelnemers kom so drie oggende ‘n week saam om hul werk te doen. Soggens is die beste, want dan is ‘n mens se palet skoner en kan die paneellede die eindresultate van menige Matie-student of navorser se harde werk beter op die proef stel. Dié wyne is dikwels die eindresultaat van jare se harde Die vertrek waarin die panele werk is spesiaal volgens behoefte ingerig. Daar’s verskillende afgeskorte proehokkies waarin die paneellede sit, en genoeg skoon wynglase om tafel der tafel by ‘n gala-dinee te kan dek. Sowat 20 mense dien op die proepanele, en baie van hulle kom al ‘n