Agri Kultuur January / Januarie 2016 | Page 68

D rie jaar gelede, aan die begin van Februarie 2013, het die dorp en die gemeenskap van Bredasdorp eensklaps, sonder waarskuwing en om al die verkeerde redes, die middelpunt van globale media belangstelling geword. Soos almal weet, het dit nie daarby gebly nie… Op Valentynsdag 2016, gee die gemeenskap die eerste opwindende tree op die pad na herstel, in die hoop dat die wolk van onheil en negatiwiteit wat die afgelope drie jaar oor die dorp gehang het, uiteindelik en met mening verdryf sal kan word. Op Sondag 14 Februarie tree die internasionaal bekende SuidAfrikaanse rockgroep, die PARLOTONES, op Bredasdorp op. Wat meer is, die groep wat op Valentynsdag op die Mega Park Artikel en foto deur Ora Laubscher terrein gaan optree, het ingewillig om 30% van hulle inkomste aan die Anene Booysen Stigting, wat by hierdie geleentheid amptelik bekend gestel gaan word, te skenk. Amy Neethling, een van die spanlede van die Aksie wat homself daarvoor beywer om die negatiewe persepsies van die area met mening om te keer, was instrumenteel in die onderhandelinge om beide die “Parlotones” en die span ondersteunende kunstenaars wat twee voormalige Idols-sterre insluit, se dienste te bekom vir hierdie baie besondere geleentheid! Meer oor Kaap Agulhas Strategiese Aksie Daar is onder meer gekyk na maniere waarop die Sakekamer en plaaslike sakemanne in samewerking met die plaaslike owerheid, die breë gemeenskap positief kan inspireer om uiteindelik eienaarskap Gerda Kriel, Zoon Jacobs en Amy Neethling besig met reëlings vir die Parlotones se optrede op 14 Februarie op Bredasdorp te neem van “hulle dorp en gemeenskap”. Voordat ‘n mens egter met mening “eienaarskap” van iets kan neem, moet jy ‘n visie vir jouself skep waarin jyself en ander mense kan glo en waarop julle uiteindelik saam kan trots wees. Volgens die span van ses direksielede wat aan die roer staan van hierdie nie-winsgewende maatskappy, is die optrede van die PARLOTONES, die eerste stap onderweg na die verwesenliking van hierdie positiewe visie vir die gemeenskap van Bredasdorp en omstreke. Zoon Jacobs, woordvoerder van Kaap Agulhas Strategiese Aksie het gesê: “Die feit dat die 14e Februarie om alles te kroon ook Valentynsdag is, maak die geleentheid sommer ekstra spesiaal!” ‘n Lippeleklekker gesinsgeleentheid en die begin van groot dinge vir Kaap Agulhas! Die gedagte is dat veral gesinsgroepe en groepe vriende sal inkoop, piekniekmandjies sal saambring of sommer by een van die talle gemeenskapsstalletjies iets te ete sal koop om daarna saam die middag se musikale spyse te geniet. Studente en skoliere wat wonder oor “die huistoegaan na die tyd”, kan daarvan verseker wees dat die geleentheid wat om 13h00 met ondersteunende musikante afskop, teen 17h00 afgeloop sal wees. Dit laat meer as genoeg tyd om selfs nog terug te ry na Stellenbosch, Wellington of Kaapstad! Kaartjies is beskikbaar by Computicket of kontak Gerda by 073 428 1199 vir meer inligting.