Agri Kultuur January / Januarie 2016 | Page 52

M nr Breyton Milford, Operasionele Bestuurder van Agri-Expo, is tydens die Algemene Jaarvergadering van die Nasionale Jeugskou Vereniging in Desember as Voorsitter van hierdie organisasie aangewys. Hy neem oor by Mnr Izak van der Colff wat na 5 jaar as Voorsitter uitgetree het. Milford het sedert 2010 op die bestuur van die vereniging gedien en het ‘n lang vebintenis met jeugskoue. Tydens sy hoërskool loopbaan het hy self aan jeugskoue deelgeneem, daarna as beoordelaar opgetree en is tans ook Voorsitter van die Wes-Kaap Jeugskou. Volgens Milford is daar ‘n blink toekoms vir Jeugskou. “ Jeugskou kan en moet ‘n groter rol in die Suid-Akfrikaanse Landbou speel. Dit is ‘n voedingsbron vir ons toekomstige leiers in landbou en dit kan duidelik gesien word in die prestasies van oud Jeugskou deelnemers op tersiêre vlak sowel as in hul onderskeie beroepe.” Milford se doelwitte is om Jeugskou meer toeganklik te maak vir alle skole. “Hier is ‘n geleentheid om toekomstige landbouers te kweek vir Suid-Afrika” Hy doen ‘n beroep op elke landbouer, landboubesigheid en die regering om jeugskoue te om-arm en te help bou aan ons toekomstige landbouers. Vir meer inligting kontak: Breyton Milford, Voorsitter van die Nasionale Landbou Jeugvereniging by [email protected] of 021 975 4440 Hennie Prinsloo, Sekretaris van die Nasionale Landbou Jeugvereniging by [email protected] of 082 671 9712 Breyton Milford, Voorsitter: Nasionale Jeugskou Vereniging Agri Kultuur wil hiermee graag vir Breyton alle sukses toewens met sy nuwe portefeulje. Uit ons ondervinding van jeugskoue, is dit dié plek en geleenthede waar die toekoms van landbou in ons mooi land lê. Ons doen ook ‘n beroep op ons boere om hierdie grootse inisiatiewe met raad en daad te ondersteun! Mag ons binnekort die groen en goud ook in hierdie sport sien!