Agri Kultuur January / Januarie 2016 | Page 44

https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/c/c0/Barn_Owl_flying.jpg Die beskerming van uile en hul habitatte kan ‘n enorme bydrae lewer tot die natuurlike beheer van skadelike knaagdiere in gesaaides. natuurgeoriënteerde boerdery, is hoogs sinvol omdat dit natuurlike habitats herstel, natuurlike spesies se aanwas aanmoedig en steeds hoogs produktief is wat landboupro-duksie betref. ‘n Boer maak ‘n plan is ook ‘n uitgediende gesegde want moderne boere stel planne in plek om bewaring van alle natuurlike elemente op die plase aan te moedig. Dit kom in ‘n tydperk waar die vraag na voedsel toeneem, die druk op boere om meer omgewingsvriendelik te boer toeneem en die markpryse van voedsel nie juis tred hou met die insetkoste nie. Wel, ek reken die boere in Suid-Afrika verdien ‘n pluimpie vir hulle vasbyt in sulke tye en hulle nuwe benadering tot holistiese boerdery. Kontak dr Gerhard Verdoorn [email protected] 082-446-8946