Agri Kultuur January / Januarie 2016 | Page 43

http://www.ispotnature.org/sites/default/files/images/44156/8832a72d4ba8257a135fe65af6d46eba.jpg Blou buffelsgras is ‘n voedsame weidingsgewas wat lief is vir kleigronde. As dekgewas hou dit besondere voordele in. geplant. Dit het die voordeel gebring van ‘n lewendige deklaag wat die grond beskerm het, en glo my, op Levubu was dit nodig met die geweldige reënbuie wat daar geval het en vinnig die bo-grond kon wegspoel. Die verdere voordeel was dat dit groenvoer verskaf het wat teen ‘n stewige wins verkoop is. Levubu se bloubuffelgras was maar net ‘n ander vorm van “geen bewerking” wat tot voordeel van die boerdery en die grond was. Die vraag is egter of mens wel in boorde soos sitrus en sagtevrugte jou grond behoort te beskerm en of dit wenslik is. Wel, daar gaan onkruide wees wat niemand wil hê nie en om dit gedurig te behandel met onkruiddoder is ook nie ekonomies of omgewingsaanvaarbaar nie. ‘n Goeie en waardevolle grassoort so bloubuffel mag dalk net die boord se winsgewendheid verhoog omdat (1) die grond bedek word en minder vog verloor deur verdamping, (2) die grond koeler bly en dus meer mikro-organismes kan laat oorleef, (3) onkruide deur die gras verdring en beperk sal word en (5) ‘n waardevolle weidingsgewas vir die boer lewer. Ek onthou selfs hoe die SA Vleismerinoskape soms in die makadamiaboorde losgelaat is as die gras kort was en dit was ‘n fees vir die oog om te sien hoe die skape aan die sappige weiding weglê. Dit is vir my altyd ‘n kwelling dat ons produsente deesdae baie sterk op enkele boerderybedrywighede fokus. Is dit nie dalk tyd om stadigaan te begin diversifiseer nie? Ons het ‘n tekort aan vleis en ek kan my indink dat ‘n troppie skape tussen vrugtebome dalk net daardie ekstra inkomste vir die boer kan genereer terwyl sy gronde meer optimal benut word en terselfdertyd goed bewaar word. Ek stem saam: ‘n netjiese vrugteboord met skoon lanings is ‘n wonderlike gesig om te sien, maar sal dit nie beter lyk en beter werk as daar benutbare gewasse tussen die bome aangeplant word nie? Dit hoef nie noodwendig weidingsgewasse te wees nie, dit kan selfs groentegewasse wees. Die bewaring van die grond is maar slegs een aspek van bewaringsboerdery en vir die kontantgewasboere en die vrugteboere is daar nog baie ander geleenthede ook wat in bewaringsboerdery benut kan word. Een van die kerne van ‘n natuurgesonde boerdery is die be- houd van natuurlike habitat veral op die wenakkers en kontoerwalle. Ongelukkig is dit ook hier waar die nagmuise boere se humeure toets maar daar is werkbare planne vir nagmuise. Uile en roofvoëls word ruim ingespan teen die knaagdiere terwyl kleiner roofdiere wel skuiling vind in sulke stukkies onbewerkte aarde. Vanuit hulle stukkies natuurlike habitat kan hulle hul eie aanslag teen die peste en plae loods. Wenakkers en kontoerwalle kom op alle plase voor en as dit reg bestuur word, dien dit as bewegingskorridors vir klein soogdiere en reptiele terwyl dit selfs as lokareas vV''V