Agri Kultuur January / Januarie 2016 | Page 42

Artikel deur Dr Gerhard H Verdoorn Griffon Gifinligtingsentrum B oere is altyd besig met nuwe planne. Die afgelope twee dekades sien en hoor mens al hoe meer van bewaringsbewerking waar kontantgewasse met minimum bewerking van die grond geproduseer word. Dit hou vir die grond baie groot voordele in soos behoud van grondvog, minder versteuring en minder erosie asook beter behoud van gunstige mikro-organismes. Daar is egter ook uitdagings gepaardgaande met minimumbewerking soos oordrag van siektes (swamme), insekplae en knaagdiere. Dit is juis hier waar die bewaringsboer wakker moet loop om te verseker dat sy nuwe bewerkingstyl nie vir hom ekstra kopsere skep nie. Dis egter nie net kontantgewasboere wat hul gronde ten alle koste moet bewaar nie. Ook in die vrugteen wingerdgeledere is dit nodig om daardie kosbare, bruin aarde met alle mag en mening te bewaar. Dit neem die geomorfologiese prosesse tiene van duisende jare om sulke ‘n Mooi voorbeeld van ‘n dekgewas in ‘n wingerd. https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/0/0c/ Vineyard_in_Winter,_Sonoma_with_cover_crop.jpg grond uit gesteentes te skep en dus is dit onmoontlik om grond wat tot niet gaan in ons leeftyd te herwin. In die kort tydjie wat ek vir boere in die Levubuvallei gewerk het, het ek daar alreeds gesien hoe die grond bewaar word en terselfdertyd tot ekonomiese voordeel van die boerdery benut is. Natuurlik was ek op daardie stadium nog so dom met landbou dat ek nie besef het hoe slim die boere gewerk het nie. Tussen die makadamiabome en pekanbome is bloubuffelgras aan- Die aanplanting van dekgewasse in boorde en wingerde hou besliste voordele vir die boer in en kan ‘n groot bydrae lewer tot diversifikasie van ‘n boerdery. http://heritageandrarefruits.weebly.com/uploads /1/1/5/4/11544766/4382920_orig.jpg