Agri Kultuur January / Januarie 2016 | Page 40

Artikel deur Marieke Snyman Foto’s verskaf N adat ’n paar boere daarmee geëksperimenteer het, word Majorishawer nou ook vir kuilvoer gebruik. “Ons het ’n kans gevat en die Majoris is aangewend vir iets waarvoor dit nie aanvanklik geteel is nie. Die resultaat is dat die hawer vir meer doeleindes geskik is as waarvoor dit aanvanklik bedoel is,” sê mnr. Klaas van Wyk, ’n Pannarlandboukundige in die Noord-Kaap. Majoris-hawer het ʼn besondere goeie kuilvoeropbrengs by mnr. Kierie du Plessis van Blaauwberg Feedlot in die Hartsvallei gelewer. Die Majoris is teen 51 kg /ha geplant. Dit het ongeveer 1,70 meter hoog gegroei, sonder enige omval teen daardie stand. Die opbrengs was ʼn ongelooflike 61 ton/ha kuil- voer, verduidelik Klaas. Voordele van Majoris Majoris is Pannar se nuutste wit hawerkultivar en is geselekteer vir vinnige produksie, sinoniem met die van intermediêre-lente tipes. Dit lewer hoë pitopbrengste en het ʼn vinniger groeitydperk as Drakensberg en Le Tucana. Dit droog vinniger as die ander twee hawer kultivars af en is vinniger oesgereed. Majoris beskik ook oor uitstekende roesweerstand en opbrengspotensiaal. Planttyd Volgens Klaas is die beste tyd om Majoris middel tot einde Maart in die westelike besproeiingsgebiede aan te plant. Dit kan egter nog tot in April geplant word. In die koeler oostelike gebiede kan planttyd van middel Februarie geskied. Dit be- Mnr. Kierie du Plessis van Blaauwberg Feedlot in die Hartsvallei by die Majoris hawer kultivar wat ʼn ongelooflike 61 ton/ha kuilvoer gelewer het. hoort met genoeg vog binne ses weke vir beweiding gereed te wees en dit lewer baie goeie weiding en kuilvoer opbrengste. Dit presteer goed onder besproeiing of aanvullende besproeiing. Saam met Le Tucana vorm dit ʼn uitstekende hawerpakket. Le Tucana is ʼn uitstekende weihawer met uitstekende herfs- en winterproduksie. Volgens Klaas het hulle die Majoris getoets vir kuilvoergebruik. “Die kultivar is geteel met die oog op pitopbrengs. Majoris gee ook die hoogste pitopbrengs. Ons het altyd Drakensberg gebruik vir kuilvoer.” Behoefte aan hawerkuilvoer Verlede seisoen het mnr Frans Wolhuter van Gillyfrost Boerdery by Magogong in die Vaalhartsskema sy behoefte van ’n hawerkuilvoer kultivar uitgespel. Dit moes ’n kultivar met ’n vergelykbare of hoër opbrengspotensiaal as Drakensberg wees, sê Klaas. Die belangrikste vereiste was egter dat die nuwe kultivar vinniger oesgereed moes wees. Die rede daarvoor is dat op die Vaalhartskema dubbeloeste afgehaal word. Hoe vinniger die someropvolggewas op die lande geplant kan word, hoe beter. Majoris is belonend “Drie seisoene terug het ’n ander boer, mnr. Frans Holtzhausen,’n vergelyking getref tussen Majoris en Drakensberghawer. Hy het self die hawer gesny en gebaal. Die Majoris het goed vertoon en op grond van