Agri Kultuur January / Januarie 2016 | Page 38

Dr Vlok Ferreira Nasionale Tegniese Bestuurder Herkouers, RCL FOODS ANIMAL FEEDS BUSINESS UNIT Die regte dekseisoen word bepaal dat die hoogste voedingsbehoefte van die koei saamval met die tyd van die jaar wanneer die voedingswaarde van die veld op sy hoogste is. D it is afhangende van in watter somerreënstreek jy boer vanaf byvoorbeeld November tot Januarie in die Oos-Vrystaat, maar vanaf Desember tot Januarie / Februarie in Limpopo.  Waarom ’n ongeveer Desember – Januarie dekseisoen aanbeveel word, is dat afgesien van die feit dat ’n hoër voedingspeil vanaf 5 tot 6 weke na kalwing melkproduksie by die koei stimuleer dit ook ovulasie en dus herbesetting % bevorder. Dit is dus duidelik dat die voedingsbehoeftes van die koei ’n maksimum bereik ongeveer 6 tot 14 weke na kalwing. Gedurende die stadium van die reproduksiesiklus moet die koei voldoende melk vir die groter kalf produseer asook ovuleer en bevrug raak.  Die natuurlike weiding voorsien tot ’n groot mate in die proteïen- en energiebehoeftes van die lakterende koei. Dus behoort ’n fosfaatlek voldoende te wees gedurende ’n nor- male reënseisoen wanneer geen weidingskaarstes voorkom nie. Deur die dekseisoen dus so te reël dat dit saamval met die hoogste voedingswaarde van die veld word daarin geslaag om op die voerrekening te bespaar sonder om produksie in te boet.  Die melkproduksie van die koei begin vanaf ongeveer die 14de week na kalwing af te neem en is die kalf vir minder as 50% van sy voedselinname van sy moeder se melk afhanklik. Dienooreenkomstig is daar ’n vermindering in die voedingsbehoeftes van die koei wat saamval met ’n afname in die proteïen- en energie-inhoud van die natuurlike veld. Oor die algemeen voorsien die natuurlike veld gedurende Februarie tot Maart grootliks in die proteïen- en energiebehoeftes van die koei. Aangesien die voedingswaarde van veral suurveld aansienlik kan daal vanaf Februarie, moet daar teen drastiese massaverliese gewaak word deur die verskaf- fing van ’n produksielek wat beide energie en proteïen voorsien.  Gedurende April bereik die proteïen-inhoud van die veld ’n kritiese stadium. Aangesien die kalwers dan ongeveer 6 – 8 maande oud is, kan hulle met sukses gespeen word.  Deur koeie gedurende Desember tot Januarie te dek, bring mee dat dié fisiologiese stadium wanneer die koei se voedingsbehoeftes relatief laag is, saamval met die tyd van die jaar (winter) wanneer die voedingswaarde van die veld die laagste is.  Laastens het ’n dekseisoen wat nagenoeg strek vanaf Desember tot die einde Januarie die voordeel dat kalwers in ’n beperkte periode gebore word, wat beteken dat hulpbron bestuur oneindig vergemaklik word, asook ten opsigte van ’n doseerprogram, onthoring, kastreer, voerkraalafronding en bemarking wat alles stelselmatig kan geskied.