evaluering van die volhoubaarheid
van produksiestelsels vereis dat die
gepaardgaande degradasie of
herstelvermoë van die natuurlike
hulpbronne (plantegroei, grond en
atmosfeer) wel gekwantifiseer moet
word. Die kwantifisering van die
degradasie van natuurlike hulpbronne berus op die gebruik van
indikatore, kriteria en grenswaardes. Daar bestaan wêreldwyd 'n
toenemende belangstelling om
boerderystelsels, wat wel op volhoubare beginsels gegrond is, te
ontwikkel.
In die verlede is totaal en al te min
aandag aan wortelstudies by weiplante geskenk en is meer net op
bogrondse produksie gekonsentreer. Wortelstudies is tot ‘n groot
mate beperk omdat die wortelstelsel nie ‘n direkte bydrae tot
diereproduksie lewer nie. Sulke
studies is ook arbeidsintensief en
langtermynprojekte. In veral die
droër weivelddele, waar lae en
wisselvallige reënval die mees
beperkende omgewingsfaktor is,
kry wortelstudies nog nie die aandag wat dit verdien nie. Vir volhoubare diereproduksie vanaf weiveld,
is dit essensieel dat die veeboer wel
vertroud sal wees met die funksionering van die weiplant se wortelstelsel, en hoe ontblaring wortelgroei mag beïnvloed.
Die weiplant moet as 'n gebalanseerde eenheid beskou word. Net
soos die wortels van die blaaroppervlakte vir die produksie van foto
sintese afhanklik is, is die bogrondse dele ook afhanklik van die ondergrondse dele vir water- en mineraaltoevoer. Die menslike wesens is
geneig om te fokus op die sigbare,
en dit verklaar waarom veeboere
oor die algemeen geneig is om
slegs kennis te neem van wat bo die
grond met die weiveld gebeur en
dit dan as maatstaf te gebruik vir
weiveldbeplanning. ‘n Swak ontwikkelde en vlak verspreide wortel-
stelsel vorm die kern vir droogte
sensitiewe weiplante wat gevolglik
ook ‘n lae plant- en diereproduksie
in die hand werk. By wyse van
spreuke kan met reg gesê word
dat intensiewe wortelstudies by
weiplante is waar Daantjie die
wortels vir volhoubare weidingekosisteem funksionering gegrawe
het. In die artikelreeks oor die
volgende aantal maande gaan juis
gekonsentreer word om die belangrikheid van die wortelstelsel
van die weiplant vir volhoubare
benutting van die weidingekosisteem te probeer uitwys.
Formele navorsings resultate kan
nie altyd sondermeer op ‘n be-
paalde boerdery toegepas word
sonder om die spesifieke omstandighede wat vir daardie boerdery
geld in ag te neem nie. Dikwels
moet sodanige nagevorste aanbevelings aangepas word om die
optimale resultaat vir ‘n bepaalde
boerderyonderneming te verseker.
Gevolglik moet die veeboer wel ‘n
wetenskaplike wees om sukses in
sy onderneming te behaal. In
hierdie artikel reeks gaan gevolglik
gekonsentreer word op die
wortelstelsel van die weiplant se
dinam ika en sodoende gepoog
word om die wetenskap en praktyk bymekaar te probeer uitbring.
Figuur 1 Die weidingekosisteem