Agri Kultuur January / Januarie 2016 | Page 36

Prof Hennie Snyman Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT N et soos die gesegde van “Die boer se voetspore is die kunsmis vir sy gesaaides” toepaslik is in saaiboerdery kan gesê word “Die veeboer se oog hou sy weiveld gesond.” Daarom vorm waarneming, kennis en monitering die fondament waarop volhoubare diereproduksie gegrond is. Suid-Afrika is geseënd met ‘n groot verskeidenheid van natuurlike landbou hulpbronne waarvan grond, die atmosfeer en plantegroei die belangrikste vir volgehoue voortbe­ staan van die mensdom is. Afhangende van die wyse en sorg waarmee hierdie natuurlike landbouhulpbronne benut word, is dit hernubaar en kan voortdurend tot voordeel van almal gebruik word. Die wortelstelsel vorm die basis vir die plant se groei en ontwikkeling, maar is ook die kern vir optimale funksionering van die ekosisteem. Die ekosisteem word op sy beurt opgemaak uit verskeie komponente (lewende en nie-lewende organismes) wat weer deel uitmaak van die natuurlike hulpbronne. Elke vee- en wildboer moet wel kennis dra van die basiese beginsels van die ekologie, sodat dit verreken kan word in optimale hulpbronbenutting. Vir die boer staan die eenheid of gebied waarbinne plantekologie funksioneer bekend as die weidingekosisteem (Figuur 1). Die erkenning en handhawing van die balans binne die ekosisteem behoort die basiese uitgangspunt vir die instandhouding, verbetering en benutting van die weidingekosisteem te wees. Enige plaas, of selfs ‘n weikamp, moet as ‘n weidingekosisteem beskou word waarbinne die ekologiese interaksies tussen plante, diere en die omgewing plaasvind. Die plante is die fabriek en vorm die kern van die ekosisteem. Die weiplant is die begin van die belangrikste voedselketting vir mens en dier, dit is die lewensaar wat die aarde voed. Elke veeboer moet dus die plante op sy plaas ken, sodat hy kan weet in watter toestand sy weiveld is en daarvolgens die regte bestuurs- benadering volg. Indien die veld in ‘n goeie toestand is, kan ons sê dat die sisteem gebalanseer is met die omgewingstoestande wat daarop inwerk. Die huidige dilemma van die weidingekosisteem in suidelike Afrika is dat daar dikwels nie meer sprake van ‘n natuurlike balans is nie en gevolglik kan volgehoue diereproduksie nie verseker word nie. Die weidingekosisteem is in baie gevalle kunsmatig en moet met hoë energie­subsidies aan die gang gehou word. Die belangrikste beginsels of vereistes vir volhoubare voedsel- en veeproduksie­stelsels berus op:  natuurlike hulpbronbewaring,  risikoverlaging,  die handhawing of verhoging van biologiese produktiwiteit,  ekonomiese lewensvatbaarheid en  sosiale aanvaarbaarheid. Hierdie vyf vereistes of pilare word oor die algemeen ewe belangrik geag by die bestuur van ‘n produksiestelsel wanneer dit vir volhoubaarheid geëvalueer word. Die