Agri Kultuur January / Januarie 2016 | Page 35

tongetjies reeds verskyn het toe die loot afgesny is, het nie vergroot nie, terwyl die jonger afgesnyde blare voortgegaan het om te vergroot. Die mate van vergroting neem af hoe jonger die blaar is. Die oudste blaar, waarvan ‘n tongetjie nog nie verskyn het toe die blaar afgesny was nie, is nou ten volle ontwikkel.  D = Die loot ongeveer 4 tot 6 weke nadat dit afgesny is. Die twee oudste blare het verouder en die drie blare wat nog besig was om te vergroot toe die loot afgesny is, is nou ten volle vergroot (tongetjies het verskyn). Twee nuwe blare wat nie afgesny is nie, het verskyn, maar hulle tongetjies word in die ouer blaarskedes beskerm. Die loot het vyf groen blare wat besig is om te verskyn, net soveel as voordat dit afgesny is. Teoreties gesproke is 25 mm hoogte die strafste wat ‘n skaap ‘n rooigraspol kan ontblaar, wat plaasvind tot by die tongetjie hoogte van die eerste blaar (Figuur 3). Dit laat slegs die blaarskede oor van die eerste blaar om die fotosintese proses met die aanvang te hervat. Ongelukkig is die fotosintese aktiwiteit van hierdie blaargedeelte laag en is die grasplant gevolglik grootliks aangewese op die onttrekking van gestoorde groeireserwes om vinnige hergroei te verseker. Hierdie groeireserwes wat in noodgevalle gebruik word, word in die stoppel, stingelbasis en wortels geberg. Hierteenoor sal die strafste ontblaring (50 mm) deur ‘n bees uitgevoer, tot by die tongetjie hoogte van die tweede blaar wees (Figuur 3). Hier is ook aanvanklik na ontblaring net onaktief fotosinterende blaarskedes oor en weereens is die graspol aangewese op die onttrekking van groeireserwes vir hergroei. Sou so ‘n ontblaringsproses hom op ‘n reëlmaat herhaal, sal die gestoorde groeireserwes uitgeput raak en tot ‘n minder groeikragtige graspol aanleiding gee of dele daarvan mag selfs afsterf. Die algemene afleiding kan dus gemaak word dat hetsy ‘n skaap of bees met hulle onderskeie strafste intensiteite van ontblaring die graspol ontblaar, dit die plant in elk geval laat op ‘n vlak waar gebergde groeireserwes essensieel is vir hergroei weens onaktief fotosinterende gedeeltes agter gelaat op die grasloot. Die impak op hergroei van ‘n 25 of 50 mm hoogte ontblaring behoort dus teoreties nie veel van mekaar te verskil wat hergroei aan betref nie. Die werklike praktiese invloede van hierdie verskillende intensiteite van ontblaring op produktiwiteit van spesifiek rooigras word in die opvolg reeks artikels in meer detail bespreek. Gids tot volhoubare produksie van weiding Die gewilde weidingboek saamgestel deur professor Hennie Snyman (Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde, Universiteit van die Vrystaat) is pas herdruk. Beskikbaar by: [email protected] Tel 021 4064962 R400 plus posgeld Kan ook direk elektronies bestel word deur te gaan na: www.landbou.com Gaan heel na “winkel”, en kies dan “weidingboek.” Die boek kan dan met ‘n Kredietkaart bestel word. ‘n Moet vir elke vee- en wildboer!