Agri Kultuur January / Januarie 2016 | Page 31

O ns is almal bekend met die konsep van massabalans en energiebalans . Enige biologiese sisteem , insluitende ons eie liggame bestaan uit ‘ n massabalans en energiebalans . In gewasverbouing fokus ons baie energie en koste op die massabalans deel van die plant se behoeftes ; die in-balans bring van die grond en / of groeimedium in terme van nutriënte en ander toepaslike aspekte .

Die vraag bly staan hoe kan ons dan die energiebestuur doeltreffend in ʼn plant doen ? Ons “ balanseer ” al die nutriënte in die grond , maar die resultate is nie altyd soos verwag word nie . Daar vind nie welige groei plaas nie , patogene kry vastrapplek of skadelike insekte kom besoek die gewasse vir voortplanting . Die opbrengs bly ver agter die genetiese potensiaal van die spesifieke gewas . Die oplossing vir die vraagstuk is doeltreffende energiebestuur in die plant en in die grond .
In die natuur is daar ‘ n paar sisteme wat die plant ook in staat stel om sy energie beter te bestuur soos byvoorbeeld die effek van metaboliete op die grondlewe . Die sleutel tot sukses lê by sekere sekondêre metaboliete wat organismes afskei .
Soos urease en glomalin , is ETP ( Epipoydioxiperizine ) ook veronderstel om vrylik in die natuur beskikbaar te wees . Urease is gelukkig nie ‘ n probleem nie . ETP is ‘ n ensiem afkomstig van onder meer fungusse soos onder andere trigoderma .
‘ n Effektiewe sleutel tot plantenergiebestuur lê in die ETP wat die organismes as metaboliete vir die plant teruggee in die simbiotiese verhouding wanneer dit effektief in die rizosfeer aktief is .
Dit is soms moeilik om die rizosfeer in ‘ n kommersiële omgewing effektief te kry sodat die lewende organismes genoegsame ETP afskei om die gewenste effek te verkry . Vir die rede kan ETP ( Gliogrow ) as blaarbespuiting gebruik word om die gewenste effek herhaaldelik te verkry .
Die effek van ETP op die plant is onder meer die volgende : � Verhoogde wortelgroei aktiwiteit ( aangesien die plant nog toegang tot die metaboliet wil verkry ) � Verhoogde ensiem-aktivering vir die plant se metaboliese bestuur en nutriënt-opname
� Verhoging in die konsentrasie van die komplekse plantsuikers / voedingstowwe ( Brix )
� Verhoging in die konsentrasie van absesiensuur en plantsapgeleiding � Verhoogde fotosintese-aktiwiteit ; � Balans tussen fotosintese en respirasie .
Indien dié effek van verhoogde ensiem-aktivering verder gebruik word in die energiebestuur en plantbeskermingsproses kan die volgende verwag word : � Deur ETP saam met ‘ n essensiële , dog moeilik blaaropneembare element soos Ca te gebruik , kan die effek uitsonderlik wees . Die kombinasie van die verhoogde ensiemaktivering en sekondêre metabolietgetjeleerde Ca , vorm Ca-calmodium ( ensiem ), wat as ‘ n tweede boodskapper optree vir die sintese van “ beskermings ” proteïene .
� ‘ n Soortgelyke effek word verkry met die verhoogde opname van K deur die sekondêre metabolietgetjeleerde K om die rypwordings-ensiem se konsentrasies konstant te hou . Dit sorg vir ‘ n meer egalige rypwordingsproses . � As gevolg van bg . veranderinge in die plant se metabolisme , is daar ‘ n noemenswaardige verhoging in suiker- , stysel- en aminosuur-produksie binne die plant . Hierdie uiters gunstige toestande het ‘ n verbeterde blom- en vrugvorming , en derhalwe verhoogde opbrengs en raklewe tot gevolg .
‘ n Verdere verhoging in plant-energie kan bewerkstellig word deur die optimale bestuur van toegediende Nitrate teenoor Ammonium in die plant . Dit kan bewerkstellig word met die gebruik van die sekondêre metaboliettjelering van Ca en K as alternatief tot Kalsiumnitraat en Kaliumnitraat . Dit het tot gevolg dat die plant minder Nitrate na Amiene moet reduseer vir die Krebbs -proses wat nodig is vir die produksie van aminosure . Die verlaging in reduksie het ‘ n verlaagde plantrespirasie tot gevolg , wat die kosbare gekomplekseerde plantsuikers en beskikbare energie behou .
Gliogrow is ‘ n natuurlike produk wat geen residu na toediening laat nie en kan effektief op enige gewas gebruik word voordat die plant in ‘ n hoë energie behoefte fase ingaan . ( Inisiasie , Seldeling en Vrugvul ).
Kontak At van Schalkwyk 083 243 0257