Agri Kultuur January/ February 2015 | Page 61

daarop dat die eerste voorlopige belasting betaling, ses maande voor die finansiële jaareinde van die entiteit, en die tweede voorlopige belasting betaling op tyd gedoen moet word om boetes van 20% op die belasting bedrag te vermy. ‘n Derde voorlopige belasting betaling of “Top-up” kan sewe maande na die finansiële jaareinde (ses maande na die finansiële jaareinde vir Maatskappye en Beslote Korporasies) gedoen word om rente op die belastingbedrag te vermy. Indien die finale belasting meer is as die twee voorlopige belasting be- talings wat gedoen was, is dit verkieslik om die “Top-up” te doen, want rente wat aan die SuidAfrikaanse Inkomste Diens betaal word is nie aftrekbaar van belasbare inkomste nie, maar rente wat aan die bank betaal word is wel aftrekbaar van belasbare inkomste. Laastens moet belasting nooit ontduik word nie. Daar is ‘n groot verskil tussen belasting vermyding (om die boerdery in die belastingvriendelikste entiteit te bedryf, betyds somme te maak en aksies uit te voer wat die belastinglas kan verlig en voorlopige belasting be- talings korrek te hanteer) en belasting ontduiking (om inkomste wat verdien is te verswyg of vals uitgawes op te gee wat nie werklik aangegaan is nie). Belasting vermyding is wettig en kan met behulp van u rekenmeester vir u groot besparings meebring. Belasting ontduiking is onwettig en kan tot baie groot boetes en selfs tronkstraf lei. Die slotsom is: Betaal die Keiser wat hom toekom, maar nie ‘n sent meer nie. Arnand Stofberg – B Agric Admin (US); B Compt (UNISA) Direkteur: Boshoff Visser Worcester (Edms) Bpk; Boshoff Visser Upington (Edms) Bpk Tel: 02334 22374 Epos: [email protected] Bostaande is slegs ter inligting en is geensins advies nie. Boshoff Visser raai alle lesers aan om met 'n kundige finansiële adviseur in verbinding te tree voordat enige besluite geneem word.