Agri Kultuur January/ February 2015 | Page 60

Artikel deur Arnand Stofberg D eur deeglike en tydige inkomstebelasting beplanning te doen kan produsente baie belasting bespaar. Die eerste stap in inkomstebelasting beplanning is om seker te maak die boerdery word in die regte entiteit bedryf. Elke entiteit het sy eie voordele en nadele en watter entiteit die voordeligste is vir inkomstebelasting sal afhang van elke boerdery se unieke omstandighede. Die grootste voordeel van ‘n boerdery as ‘n eenmansaak bedryf is dat nivellering (waar die laaste vyf jaar se gemiddelde belasbare boerdery inkomste bereken word) gebruik kan word en dat UittreeAnnuїteit bydraes tot ‘n maksimum van 15% van wins voor verbeteringe afgetrek kan word van belasbare inkomste. Die belastingskale waarteen belasbare inkomste belas word wissel tussen 18% en 40%. Boerderye wat in Trusts bedryf word het weer die voordeel dat die winste na meer as een begunstigde uitgekeer kan word wat dan die effektiewe koers waarteen belasbare inkomste belas word afbring omdat elke begunstigde se kortings en laer belastingskale gebruik word. Maatskappye en Beslote Korporasies wat boerderye bedryf se voordeel is dat belasbare inkomste teen ‘n vaste koers van 28% belas word, wat voordelig is as groot winste gemaak word. Verder kan Klein Sake Korporasie skale gebruik word indien die boerdery se omset onder R 20 miljoen is en die aandeelhouers of lede almal natuurlike persone is wat nie aandele of ledebelange hou in enige ander privaat Maatskappy of Beslote Korporasie nie. Klein Sake Korporasies se belasbare inkomste word teen belastingskale belas wat wissel tussen 7% en 28%. Vennootskappe is nie belastingpligtig nie en die vennootskap se winste word by elke vennoot se eie belasbare inkomste ingereken. Tweedens moet daar jaarliks beplanning gedoen word om voor jaareinde die geskatte belasting uit te werk. Die beste tyd om belastingbeplanning te doen is tussen 8 en 6 weke voor die boerdery se finansiële jaareinde. Indien dit te vroeg gedoen word kan daar nog nie baie akkurate skattings van die finale resultate vir die jaar gedoen word nie, en as dit te op die nippertjie gedoen word is daar dalk nie genoeg tyd om die nodige aksies uit te voer waarop besluit word nie. Een van die beste aksies wat geneem kan word indien die beplanning dui op ‘n groot belasting verpligting is om ‘n enkelbedrag in ‘n Uittree-Annuїteit in te betaal sodat dit, tesame met maandelikse bydraes deur die jaar gemaak tot Uittree-Annuїteite en enige bydraes tot Uittree- Annuїteite wat oorgedra word van vorige belastingjare, die maksimum toelaatbare kerf van 15% van belasbare inkomste voor verbeteringe bereik. Verder kan aankope wat binne die volgende twee maande gedoen sou word voor die finansiële jaareinde gedoen word. Let egter daarop dat dit net die probleem uitstel na die volgende jaar. Onthou ook dat dit nie sin maak om uitgawes aan te gaan net om minder belasting te betaal nie. Enige aankope moet eerstens besigheidsin maak, as dit kan help om die belastinglas te verlig is dit ‘n bonus. Derdens moet die voorlopige belasting betalings korrek hanteer word. Die tweede voorlopige belasting betaling, wat saamval met die finansiële jaareinde van die entiteit, vir boerderye met ‘n belasbare inkomste van meer as R1 Miljoen moet binne 80% korrek gedoen word om boetes te vermy. Let ook