Agri Kultuur January/ February 2015 | Page 54

Foto: verskaf Foto: verskaf Gerhard Pretorius van TQT bespreek aspekte van volhoubare rooibosproduksie soos grondgesondheid, korrekte bewerking, onkruid- en pesbeheer, en meganisasie met lede van die Wupperthal Original Rooibos Co-operative. beplanning, deurlopende tegniese ondersteuning aan lede en die beskikbaarheid van die nodige toerusting. Daar sal ook in die komende jaar ondersoek ingestel word na verbouiing van ander produkte vir die kruiemark soos sitroengras (lemon grass), swartbessies en moringa om meer boerderyvertakkings te skep wat die boerderyrisiko’s beter kan versprei. Daar is ook reeds ’n voltydse produksiebestuurder aangestel om te sorg dat hierdie stelsels geïmplementeer word. Koördinering is noodsaaklik Foto: www.the-color-of-tea.com omdat WORC reeds aan verskeie groepsertifiseringstelsels deelneem en nog ander oorweeg. Dit beteken dat hulle hul rooibos in meer winsgewende markte kan bemark maar ook dat daar geleenthede is om boere op te lei in volhoubare praktyke deur middel van die interne bestuurstelsels wat groepsertifisering vereis. Daar word ook aandag geskenk aan die besigheid se finansiële-, administratiewe-, bemarking- en menslike hulpbronbestuurstelsels om dit meer vaartbelyn te maak en die besigheid op ’n gesonde professionele voet te plaas vir die uitdagings en geleenthede van die toekoms. WORC is baie trots op sy plek in Wupperthal en beplan om baie terug te ploeg in die breë gemeenskap deur byvoorbeeld Fair Trade premiegelde ook aan te wend as beurse vir studente en ander projekte in die gebied wat alle inwoners kan bevoordeel.