Agri Kultuur January/ February 2015 | Page 53

Foto: agrobiodiversityplatform.org operative (WORC), ‘n geregistreerde lanboukoöperasie. WORC is gestig in 2009 deur 53 individuele boere en het tans oor die 90 lede waarvan sommige ook wilde rooibos oes. Hierdie groep begeesterde boere (mans en vrouens) het met hulle eie geld, sweet en unieke bydraes wat hulle kon maak hulle eie teebaan gebou en kantore en store opgerig op eiendom van die Morawiese Kerk in die Wupperthal dorpsgebied. Onder die leiding van die algemene bestuurder, Barend Salomo, het hulle hul besigheid en infrastruktuur ontwikkel, die nodige kantoortoerusting en masjienerie aangeskaf, Fair Trade en organiese sertifisering bekom en nismarkte vir hulle rooibos gevind. Tans is WORC ook die enigste koöperasie in Wupperthal wat sy eie rooibostee vervaardig (primêre verwerking) voor dit verkoop word, en nie net die geoeste materiaal verkoop nie. Sekondêre verwerking en pasteurisasie vind plaas by Kings Products naby Graafwater en WORC verkoop die meeste van hulle tee aan TopQualiTea (TQT) wat dit hoofsaaklik oorsee bemark en ook plaaslik verpak en bemark - teen premiepryse. Daar het die afgelope jare ’n noue en wedersyds voordelige band ontstaan tussen WORC en TQT tot die punt waar albei Foto: www.upload.wikimedia.org besighede nodig het om ernstig te kyk na die toekomstige groei in vraag en om produksie te verbeter. Alhoewel rooibos as’t ware sy oorsprong in Wupperthal het is dit ’n relatief afgeleë en onderontwikkelde plek en verboude rooibos word nog op baie tradisionele maniere geboer. Alhoewel WORC begin het met ondersteuning en landboutoerusting vir sy lede boer die meeste lede (soos die res van die Wupperthal gemeenskap) baie arbeidsintensief en op klein skaal, wat rotasie aanplanting en wisselbou met gepaste dekgewasse baie moeilik maak. Met die groeiende markte vir nisprodukte (soos Wupperthal Rooibos) en geleenthede om die besigheid uit te brei is die uitdaging nou om te verseker dat produksie volhoubaar verhoog word. Dit beteken dat beskikbare grond optimaal benut moet word en gesond moet bly om volgehoue produksie te verseker. Dit beteken ook dat meer koste-effektiewe produksiemetodes toegepas moet word. Wupperthal is reeds een van die Wes-Kaap Departement Landbou (Elsenburg) se meganisasie projekte en trekkers, sleepwaens en implemente is beskikbaar vir boere teen slytasiekoste. Rooibos boerdery vereis egter verskeie pasmaak implemente wat nie algemeen beskikbaar is nie en spesiaal gebou moet word. D it is nodig sodat bewaringsboerdery toegepas kan word om die grond te beskerm en organiese materiaal in die bogrond te behou, asook om onkruidbeheer te verbeter. Saam met die toerusting is opleiding ook nodig om boere in staat te stel om moderne boerderymetodes te gebruik. TopQualiTea het reeds aan die begin van 2014 ’n konsultant, Gerhard Pretorius van Natura Libra Omgewingsdienste, aangestel om WORC se lede by te staan met opleiding, advies en tegniese ondersteuning. Dit is een van die raar gevalle waar ’n privaatmaatskappy ondersteuningsdiens aan boere direk befonds. WORC het reeds goed gevorder op die pad na volhoubaarheid deurdat daar dringend gekyk word na boerderybeplanning, bewerkingsmetodes en die keuse en aanskaffing van geskikte implemente, wisselbou en geskikte rotasieperiodes, onkruid-en siektebeheer (alle WORC rooibos word organies geboer), asook die herstel van grondvoedinstowwe en –gesondheid. Stelsels word in plek gesit om WORC meer effektief as ’n kollektief te bestuur deur oorhoofse