Agri Kultuur January/ February 2015 | Page 39

Promosie-artikel Varkboerdery is ’n baie intensiewe boerdery wat seker as een van die beste voorbeelde van presisieboerdery beskou kan word. Juis daarom is dit uiters belangrik dat die omgewing waarin die varke moet produseer, so skoon as moontlik gehou moet word, sê Kobus Raath, produksiebestuurder van Walt Landgoed by Settlers in Limpopo. Met 2 500 varksôe wat elkeen ’n gemiddeld van 11,5 varkies per werpsel produseer, met 2,45 werpsels per jaar, verstaan ’n mens dat hy uit ondervinding praat. ’n Vogtige omgewing “’n Sogeenheid soos wat ons het, is uit die aard van die saak ’n vogtige omgewing wat natuurlik vir vlieë baie aanloklik is. Daarom is dit krities dat ons vliegbeheermaatreëls uit die boonste rakke moet wees en dit is waar BISA (Bio-Insectaries South Africa) inkom, met hulle uitstekende produk en diens. Sedert ons BISA se wespe in ons sogeenheid gebruik, het ons ’n afname in vlieëgetalle van maklik 80% ervaar.” Die wespe Muscidifurax raptor is ’n baie klein swart wespe, ongeveer 1 tot 2 mm lank, wat in die nag aktief is. In terme van gedrag is dit baie nader aan ’n mier as ’n vlieënde wespe, en verkies dit om te loop eerder as om te vlieg. As ’n growwe duimreël kan hulle maklik tot vyftig meter ver versprei en teer hulle op’n verskeidenheid van vliegspesies, insluitende die huisvlieg en stalvlieg. In sy wêreldklas fasiliteit by Jeffreysbaai, teel BISA hierdie wespe, Muscidifurax raptor, tesame met ’n paar ander Muscidifuraxen Nasonia-spesies wat in kombinasie aan kliënte beskikbaar gestel word. Na gelang van die spesifieke omstandighede sal die verskillende spesies vermeerder. Só werk dit “Ons maak van ’n diepputstelsel gebruik,” verduidelik Kobus, “wat beteken dat al die varkmis en urine in ’n put opgevang word. Dit is die plek waar baie vlieë kan uitbroei as ’n mens dit nie noukeurig bestuur nie en dit is presies hier waar ons die houers met die wespe plaas sodat hulle hulle werk kan doen. “Die volwasse wesp steek die vliegpapies en lê dan ’n eier in die papiewand. As die eier uitbroei, voed die larwe op die dooie papie. Tussen 19 en 21 dae later kom die wesp te voorskyn en soek dan na die volgende vliegpapie om die proses te herhaal.” BISA vermeerder en verpak die wespe vir sy kliënte, wat dan op ’n gereelde basis die wespe op strategiese plekke uitsit om die bestaande bevolking aan te vul. Dit vorm deel van ’n geïntegreerde beheerprogram. Omdat die wespe op vliegpapies teer, moet volwasse vlieë steeds beheer word. “Ons gebruik die wespe al seker vir vier of vyf jaar en ons het vantevore van chemiese beheer gebruik gemaak. Vandat ons die wespe gebruik, is dit vir ons moontlik om baie minder chemikalieë te gebruik. Ons vul die wespe elke 30 dae aan wanneer BISA vir ons ’n volgende besending stuur, en wat ons baie duidelik waarneem is dat die vlieggetalle so ’n week voor die nuwe besending effens begin toeneem. Sodra die nuwe wespe uitgesit word, daal die getalle weer merkbaar.” Gee altyd goeie aandag ’n Baie belangrike faktor, beklemtoon Kobus, is om nie gedurende die winter minder aandag aan die wespepopulasie te gee nie. Hoewel die vliegpopulasie in die winter aansienlik laer is, is dit belangrik om vol te hou met die vervanging van wespe. “Mens weet nooit wanneer die klimaat skielik gunstig raak vir die uitbroei van vlieë nie, en as jy met jou broek op die knieë gevang word, is dit nie so maklik om in te haal nie. Dis baie beter om proaktief te wees en te sorg dat daar genoeg wespe teenwoordig is om hulle werk te doen.” Wat hom betref, som Kobus op, is daar ’n hele aantal voordele aan die gebruik van die wespe. “Dis in die eerste plek ’n natuurlike manier om balans te behou, maar tweedens kan insekte oor tyd weerstandig raak teen chemiese middels. Dan is daar natuurlik ook die kwessie van selektiwiteit. Artikel saamgestel deur Veeplaas Vir meer inligting, skakel dr Arno Moore van Bisa by 083 270 4866 of epos [email protected]