Agri Kultuur January/ February 2015 | Page 3

Redaksie | Editorial H oe sê Dowwe Dolla nou die dag op die radio?: “Daar’s net drie woorde op almal se tong die laaste paar weke; een, twee en drie!” Dit is nou, fase een, -twee of -drie beurtkrag. Die eerste ding wat mens soggens op die radio na móét luister of op die televisie móét sien, is watter planne die nasionale elektrisiteitsvoorsiener vir die dag in die vooruitsig stel – nou nie dat ‘n mens pyl kan trek op dié beplanning nie; dit verander mos van uur tot uur. Nobody gets worried by phase 1 anymore, it has become the norm, but when you hear the words, phase 2 or worse, phase 3, you tend to go into the panic phase. You start thinking: Should I go to work? How much time will I be spending in the traffic? How much money is the country losing per hour? Will the fuel station have a standby generator so that I can fill my tank? What about the food in the freezer? Last but not least, in my case, when will the internet be working again? Without the latter, I just cannot function properly - I’m like Linus without his blanket. So hoor ek tydens ‘n radio-onderhoud met die Nasionale Elektrisiteitsvoorsiener dat ‘n mens via die internet op hul webtuiste en die beplande skedules kan ingaan en sodoende presies sal weet waar en wanneer die veskillende beurtkragfases in jou streek van toepassing sal wees. Nou vra ek jou hoe moet ek dit doen as my internet nie werk as die krag af is nie? However, is this all doom and gloom? Let’s look at the positive side, last week I had the experience of absolute tranquillity during load shedding. Dimly lit by a number of candles and paraffin lamps, my family and I sat down for dinner at the kitchen table, chatting to each other and peacefully enjoying our meal. Na ete het die kinders hul huiswerk by lamplig gedoen terwyl ons almal saam om die tafel gesit en lees het. Die geleentheid het my met ‘n tikkie nostalgie herinner aan Laurika Rauch se liedjie, Die Gang, waar sy sing: In die donker gang is ‘n lig wat skyn maar die vlam is delikaat en fyn en ek het verlang na die lentetyd op my oom se plaas sonder elektrisiteit” Miskien bring die beurtkrag ons ‘n bietjie terug na tye waar die lewe rustiger en minder gejaagd was. En as jy werklik wil, KAN jy die beste van ‘n slegte saak maak. Ten einde hierdie uitgawe die “lig” te laat sien moes ons maar staatmaak op die skootrekenaar se battery en twee olielampe weerkskante van die skerm en kon ons sodoende darem die dringendste werk gedoen kry, al sal jy eers, hopelik, moreoggend met die onmisbare internetkonneksie, jou korrespondensie versend. Eventually you succeed in finishing everything in time and you can sit back and, in the words of Hannibal Smith of A-Team fame say: “I like it when a plan comes together!” Please join us in our preparation for the March edition as we will be looking at alternative measures, sources and practises of meeting the energy challenges head on. I conclude with the following quote by Nassim Nicholas Taleb: “The next time you experience a blackout, take some solace by looking at the sky. You will not recognize it.” Till we meet again, Chris