Agri Kultuur January/ February 2015 | Page 27

F ERTASA se jaarlikse kongres vind van 13 tot 15 April 2015 in die Lord Charles Hotel in Somerset-Wes plaas. Vanjaar is die tema: “Voedsel-produksie vir die groeiende bevolking in suider Afrika” en sluit by die Verenigde Nasies se “2015 - Internasionale jaar van gronde ” aan. Die Afrika-kontinent se bevolking sal na verwagting teen 2050 verdubbel tot 2,5 miljard. Groot-skaalse armoede en hongersnood gaan hand aan hand in Afrika. Meer as 70% van die kontinent se arm mense woon in die platteland en is van landbou afhanklik vir hulle bestaan. In Sub-Sahara Afrika leef meer as 218 miljoen mense in uiterste armoede. Een van die wêreld se hoogste konsentrasie arm mense kom in oos- en suider Afrika voor. Die voorkoms van armoede in Sub-Sahara Afrika neem vinniger toe as die populasie en die pas van armoedevermindering in Afrika het sedert 1970 afgeneem. pervlakte- eenheid is dus die enigste opsie. Daar word maklik gesê dat Afrika oor die potensiaal beskik om nie net sy groeiende bevolking te voed nie, maar ook om voedsel uit te voer na die res van die wêreld. Die realiteit is dat dit nie vandag gebeur nie en dat Afrika jaarliks voedsel ter waarde van 35 miljard VSA dollar invoer. Om dié agterstand in te haal sal innoverende denke en harde werk verg. Tydens die FERTASA-kongres sal landbou- en sakeleiers die huidige stand van voedselproduksie ontleed en veral ook op die volgende 15 tot 25 jaar fokus en na oplossings soek. Die nodige hulpbronne soos grond en water, asook die ondersteunende dienste en beleide, sal ook aandag geniet. Sprekers van hoogstaande gehalte is genooi om hulle uiteenlopende sienings met die gehoor te deel. Dr Guy Scott voormalige vise-president en Minister van Landbou van Zambië sal sy siening oor landbouproduksie in suider Afrika toelig. PaneelDie vraag is dus hoe landbou daarin sal slaag om besprekings waartydens die kongresgangers die voedselproduksie vinniger as die bevolkingsgroei te geleentheid kry om vrae te stel en kommentaar te laat toeneem. In Suid-Afrika is horisontale uitlewer, sal bydra tot ‘n sinvolle gesprek wat vir breiding van voedselproduksie uiters beperk om-dat besluitnemers duidelike riglyne behoort te verskaf. landbou met mynbou, industrieë, paaie en stede vir grondgebied meeding. Hoër produktiwiteit per op- Meer inligting is beskikbaar op FERTASA se webwerf: www.fertasa.co.za 55th ANNUAL CONGRESS 2015 13, 14 & 15 April 2015 NH The Lord Charles Hotel Somerset West Click here to view PRELIMINARY PROGRAMME