Agri Kultuur January/ February 2015 | Page 23

Goeie bestuur oomblik die toestande. Weereens die basiese metode is om die gewas op 'n gereelde basis visueel te monitor. Gewaskennis is egter noodsaaklik om die verskillende "stres" simptome te kan waarneem. Meer akkurate metodes is om die blaarwater- en/of stamwaterpotensiaal deur middel van 'n drukbom te meet. Die meting dui die spanning aan wat die plant op daardie spesifieke tyd ervaar. Die verskillende moniteringsmetodes kan gesamentlik gebruik Profielgat word om die verskillende metings ten opsigte van mekaar te kalibreer. So byvoorbeeld kan die stamwaterpotensiaal gebruik word om die hervulpunt ten opsigte van die neutronwatermeter of kapasitansiemeter te bevestig en/of te kalibreer. Al hierdie moniteringsapparate bly slegs hulpmiddels vir die besproeiingsboer om die uitvoering van sy skedulering en/of strategie te verbeter. Aanpassings ten opsigte van die oorspronklike bep lande skedulering vind slegs plaas indien die Verskillende moniteringsapparate moniteringstoerusting wys op oorof onderbesproeiing. Water bly sekerlik een van die belangrikste hulpbronne tot ons beskikking. Dit is ook een van ons skaarste hulpbronne en het ons ‘n plig om dit effektief te gebruik. Om die rede is dit nodig om ‘n holistiese benadering te volg ten opsigte van besproeiingsbestuur en nie net water te gee volgens geskiedenis of gevoel nie. Om te meet is om te weet, maar die sukses lê in die uitvoering van jou beplanning.