Agri Kultuur January/ February 2015 | Page 20

Artikel en foto ’ s deur Willem Botha , Netafim Suid Afrika
Goeie besproeiingsbestuur is krities in die optimale gebruik van water , grond en energie en verwys na die totale insette nodig ten opsigte van besproeiing – keuse van strategie , beplanning , skedulering en monitering .

B esproeiingskedulering is die proses waardeur bepaal word wanneer en hoeveel water besproei moet word . Skedulering kan verfyn word deur gebruik te maak van waterverbruiksmodelle gebaseer op langtermyn of intydse weerdata , grondwatermonitering , gewasmonitering of ‘ n kombinasie van voorgenoemde metodes . Om optimaal te kan skeduleer , moet water te alle tye op aanvraag beskikbaar wees . Doeltreffende bestuur en skedulering kan lei tot laer arbeidskoste , laer bedryfskoste , effektiewe gebruik van water en beter opbrengste .

Die basis van goeie besproeiingsbestuur word gebou op ‘ n strategie . Elke besproeiingsboer moet ‘ n strategie hê waarvolgens hy sy besproeiing beplan . Die strategie word hoofsaaklik bepaal deur die wateronttrekking wat toegelaat word , of anders gestel onder hoe -veel spanning die gewas geplaas kan word . Hierdie ontrekkingspeil en / of spanning bepaal dus hoe nat of droog die grondprofiel bestuur word en gevolglik hoe intensief of ekstensief skedulering gaan plaasvind . Met ‘ n toelaatbare wateronttrekking van byvoorbeeld 25 %, word bedoel dat die plant toegelaat word om 25 % van die totale beskikbare water uit die wortelsone te onttrek alvorens daar weer besproei word . Daarteenoor dui ‘ n 80 % onttrekkingspeil ‘ n baie droeër strategie aan waar 80 % van totale beskikbare water eers onttrek word alvorens besproei word . Die frekwensie van besproeiing word dus deur die tempo van waterverbruik van die gewas asook die onttrekkingspeil waarteen besproei word bepaal . Indien die grond natter of nader aan veldkapasiteit bestuur word , gaan kleiner en meer gereelde besproeiing noodsaaklik wees . Indien die grond toegelaat word om droeër te word , gaan groter besproeiings verder uit mekaar
Besproeiingsbestuur noodsaaklik wees . Hierdie strategie kan ook wissel deur die loop van die seisoen afhangende van watter fisiologiese reaksie op die gewas verlang word .
Om egter op ‘ n strategie te besluit moet die besproeiingsboer kennis van die grond , gewas en al die faktore wat die waterverbruik van die gewas gaan beïnvloed hê . Die belangrikste faktore wat skedulering beïnvloed , is : klimaat , grondwaterhouvermoë , gewas en groeistadium . Klimaat is egter die grootste faktor wat die waterverbruik van ‘ n gewas beïnvloed - hoe koeler die klimaat , hoe laer is die waterverbruik . Die mees onderskatte faktore , is die waterhouvermoë van die grond en die wortelomgewing . Dit is belangrik vanuit ‘ n skeduleringsoogpunt om kennis te dra van die waterhouvermoë van die grond asook die diepte van die effektiewe wortelsone - daar waar 80 % van die wortels voorkom . Sonder hierdie kennis bly skedulering ‘ n raaiskoot in die donker . Goeie skedulering begin altyd deur die grawe van ‘ n profielgat om die wortelstelsel te evalueer en om die waterhouvermoë van die grond te bepaal . Daarna kan hierdie visuele waarnemings gebruik word om die praktiese skedule te beplan en /