Agri Kultuur February / Februarie 2016 | Page 75

kragtig genoeg om die hele landbousektor te dek. Tans is dit net die kontakbesonderhede van die handelaars, agente en handelsmerke wat op die tuiste is. In die toekoms beoog ons ‘n volle navraag sisteem wat die gebruiker in staat sal stel om navraag te doen oor enige produk. Die agent of handelaars moet dan reageer en terugkom met ‘n prys na die navraer. Ons doen die Weer ook (“powered by Syngenta”). Hier is ook ‘n spuitvenster beskikbaar om die beste tyd van die dag vas te stel om gif of kunsmis te spuit. Inligting en funksionaliteit wat Farmboek vir die toekoms beoog :  Ons gaan uitbrei om elke industrie te dek  Beesras inligting  Wildinligting  Gestruktureerde veilingadvertensies  Eiendomme gemik op plase.  ”Real time brand”-indeks aan die weer gekoppel.  Markte van elke gewas en dier so na as moontlik aan regte tyd.  Vol navraag sisteem.  Ons begin in Suid-Afrika en wil dan uitbrei in die res van Afrika.  Veevoere  Besproeiingstoerusting.  Verskeie Dienste  Vark- en Pluimvee siektes Vorentoe gaan ons ook onderskei tussen kommersiële- en huishoudelike produkte om sodoende vir die tuinier ook van waarde te wees. Dan werk ons ook aan 'n "Hulpmiddel" om verskillende produkte met mekaar te vergelyk en dus op die beste een te besluit en ooreenkomstig navrae te kan doen. Besoek ons by www.farmboek.com