Agri Kultuur February / Februarie 2016 | Page 74

Artikel deur Andre Groenewald F armboek is ‘n gratis inligtingsportaal gemik op boere. Dit is ‘n gratis diens wat aanlyn beskikbaar is. Dit is ‘n “responsive” webtuiste wat beteken dat dit op enige platform werk, bv. PC, Tablet, Apple, Android ens. Farmboek is deur Andre Groenewald en Johannes Abbott ontwikkel om waarde toe te voeg tot elke boer in Suid Afrika en in die langtermyn ook Afrika. Die model is deur boere vir boere ontwikkel wat dan ook die boer in die middel van alles stel. Ons gevoel is dat dit die boer is wat die waarde toevoeg en dit is waarom dit gratis is en nooit die boer ‘n sent sal kos nie. Farmboek voeg waarde toe deur tydige inligting en keuse van produkte te verskaf. In enige ander bedryf is daar iemand wat ‘n ekonomiese voordeel kry uit skade, bv. ‘n stoor wat omwaai of ‘n implement wat breek. In boerdery, indien ‘n wurm die gewas opvreet is daar niemand wat ekonomies daarby baat nie. Dit is dus waarde wat in die lug sou verdwyn het. Ons probeer hierdie waarde vasvang deur tydige inligting en die keuse van produkte en handelaars daar te stel om die beste moontlike prys te verseker. Een van ons Farmboek mikpunte was om ‘n eenvoudige platform te skep wat verbruikersvriendelik is, maar terselfdertyd