Agri Kultuur February / Februarie 2016 | Page 50

E k dink dit is van kardinale belang dat ons 2016 die leisels weer ‘n bietjie vastrek en daadwerklike pogings aanwend om monitering in alle boerderybedrywe met meer erns aan te spreek. Groot getalle boere sal reken dat hulle monitering op standaard is en vir hulle sê ek welgedaan , maar daar is baie wat nie dieselfde kan sê nie. Ek beweeg in baie verskillende boerderypraktyke en kom elke dag meer agter dat dit een van die belangrikste fasette is wat nog baie kan verbeter . Die stelsels vir monitering is dalk in plek maar die persoonlike betrokkenheid ontbreek. Ek verstaan honderd persent die verweer dat ‘tyd ‘die groot vyand is en dat te veel ander aspekte van boerdery die tyd opneem. Die meeste probleme kan reeds vroeg geïdentifiseer word as die regte moniteringsprogramme in plek is. Slakke is een van die mees uitgeslape kalante en het al menige boerdery ernstige skade berokken . Die aanwend van moniteringsprogramme soos SlugPro van Orchard Agrikem stel die boer in staat om te alle tye op die hoogte te wees van wat op sy plaas aangaan. Kennis van die vyand (bv. slakke), word aan die boer gebied deur sy moniteringsverteenwoordige en met kennis kom die uitdaging om die probleem aan te spreek en ‘n daadwerklike verskil te teweeg te bring. Niks is so lekker as om op ‘n plaas te kom en te sien hoe die eens groot probleem, deur korrekte monitering aangespreek is en tot positiewe resultate gelei het. Monitering is dus net ‘n proses wat deel is van jou werk , maar dit is die wapen gelaai met patrone van kennis wat die vyand die onderspit laat delf. Ek wil verwys na die onderstaande foto’s wat deel is van verskeie moniteringsprosesse vir slakke en as gevolg waarvan positiewe stappe by verskillende boerdery praktyke die resultaat was . Slakke sal jou altyd probeer uitoorlê , maar met die regte moniteringsprogram kan jy hom in sy spore stop deur die gebruik van die regte middels op die regte tyd. Gaan gerus na ons webtuiste www.agrikem.co.za of kontak my gerus en ons sal saam met jou die probleem aanspreek. Artikel en foto’s deur Arnold du Preez Orchard Agrikem