Agri Kultuur February / Februarie 2016 | Page 47

Hulle het nie altyd die nodige infrastruktuur om voer te produseer of om voer en water oor groot afstande aan te ry nie. Die Sentrale Karoo-gebied, wat uit gebiede bestaan wat winter- en somerreëns kry, het ook dele wat rampdroogtetoestande beleef. Die aanry van voer en selfs water is ‘n groot koste-item, so ook skade deur probleemdiere en sporadiese veediefstal wat groot eise aan dié produsente se bestuursvermoë stel. Tekorte vanuit hierdie en ander gebiede hou ‘n bedreiging vir die volhoubare voorsiening van gevestigde handelsmerkprodukte in en verbruikers sal moet leer om in die toekoms van hierdie handelsmerke op ‘n seisoensbasis te bekom. Pryse sal ook weens tekorte in die aanbod dienooreenkomstig styg. In hierdie gebied is daar ook heelwat kleinboere wat met vee boer en dié wat nie kapitaalsterk is nie, kry baie swaar in hierdie droogtekrisissituasie. Hoe gaan die aanbod en pryse van rooivleis in die nuwe jaar lyk? Ons moet na die prentjie in die res van die land kyk, want die totale vraag en aanbod bepaal die gemiddelde prys wat deesdae deur die uitvoer van groot hoeveelhede beesvleis beïnvloed word. Die huidige swak wisselkoers en lae skaapvleispryse beïnvloed weer die moontlike invoer van skaapvleis om tekorte in dié sektor aan te vul. In die sentrale- en noordelike beesweigebiede, en sekere skaapweigebiede, is baie kuddes verminder (uitgeslag of verkoop). Die vroulike diere wat oorgebly het sal die komende seisoen ook nie normale kalf- en lampersentasies voortbring nie vanweë die tekort aan voer gedurende paartyd. Die uiteinde hiervan is ‘n tekort aan lamsvleis en speenkalwers vir die voerkrale. Voerkrale is verder onder druk weens die tekort aan mielieprodukte wat slegs teen baie hoë pryse beskikbaar gaan wees. Voerkraalproduksie se kostes sal verder opgaan en tot gevolg hê dat A-graad beesvleispryse ook gaan styg. Indien dit in die nabye toekoms baie goed in genoemde gebiede gaan reën, sal produsente in dié gebiede weer begin om hul kuddes op te Photo: http://aedrops.com/wp-content/uploads/2014/03/red-meat.jpg bou en sal veral vroulike uitskot Cgraad-diere wat hoofsaaklik vir fabrieksvleis geslag word, baie skaars word. Pryse sal verder styg soos die tekorte toeneem. Enige moontlike verhoging in melkpryse van produsente in die nabye toekoms, kan ook die slagbeeste uit hierdie sektor drasties laat afneem, wat verdere druk op die fabrieksvleispryse sal plaas. Al die bogenoemde faktore dui op verhoogde produsente- en verbruikerspryse, veral in die tweede helfte van die jaar as gevolg van tekorte aan die aanbodkant. Verbruikers word voortdurend vanweë verhoogde lewenskoste onder finansiële druk geplaas. Té hoë verbruikerspryse en die rol wat die vleiskleinhandel gaan speel om prysverlagings aan produsentekant vinniger na die verbruiker deur te gee, kan nie genoeg beklemtoon word nie. Dit kan voorkom dat verbruikerswee