Agri Kultuur February / Februarie 2016 | Page 42

ontblarings het die hergroei nie net drasties begin afneem nie, maar die blare het ook ‘n geel kleur begin toon wat ‘n aanduiding van gebrek aan groeireserwes is. ‘n Kort besetting van ‘n kamp kan verseker dat die wortelontwikkeling van die smaaklike weiplante gehandhaaf word, minder droogte sensitief is en gevolglik ook groeikragtigheid behoue laat bly. Hoe beter die wortelstelsel van ‘n weiplant, hoe beter die kompeteervermoë vir water en plantvoedingstowwe, en hoe beter die herstelvermoë/hergroei na beweiding. Alhoewel hierdie benadering gepaardgaan met meer kampe per trop wat benodig word en ekonomiese implikasies mag inhou, moet die langtermyn ekologiese voordele besef word. Die langste wortels by behandelings aangeteken het gewissel tussen 1.5 en 1.7 m, en wel by die laer intensiteite en frekwensies van ontblaring. Die korter wortellengtes het voorgekom by strawwe ontblaringsbehandelings. Hoe strawwer en meer gereeld ontblaar is, hoe fyner was die wortels se voorkoms oor die algemeen, teenoor die dikker en growwer wortels wat by die ander behandelings aangetref is (Foto 2). Die dikker wortels is gevolglik weens strawwe ontblaring met fyneres vervang wat moontlik meer aangepas is vir effektiewe wateropname en oorlewing. Die wortelafsterwing met toename in intensiteit en frekwensie van ontblaring het grootliks