Figuur 1. Afname in wortelgewig (%) vir Themeda triandra weens verskillende ontblaringsfrekwensies
(weekliks, elke 2, 4 en 6 weke), op 25 mm hoogte ontblaar en oor 12 weke toegepas (onder optimale
grondwater).
81% (67% vir 50 mm hoogte) was.
Elke tweede week se ontblaring
het self ‘n drastiese impak op
wortelgewig oor ‘n 12 weke
periode getoon, naamlik 65%
afname. Die vier- en sesweeklikse
ontblarings se wortelgewigafname
oor 12 weke van onderskeidelik 35
en 21% was wel die laagste,
alhoewel gesien teen die agtergrond van optimale grondwatertoestande wat geheers het is dit
steeds iets om van kennis te neem
of bekommerd oor te raak (Foto
1).
Volgens navorsing in die veld uitgevoer is die kanse goed dat
binne ‘n normale vierkampstelselbeginsel met weiperiodes van 30
dae per kamp en normale weidingsdruk, hergroei van dieselfde
graspol ongeveer elke 14 dae
plaasvind. Indien bogenoemde
beginsel van 30 dae weiperiode
van toepassing gemaak word op
Figuur 1, sal elke tweede week van
ontblaring vir die eerste, tweede
en derde maande van ontblaring ‘n
afname in wortelgewig van onderskeidelik 19, 50 en 65% in die
hand werk. In ‘n dominante rooigrasveld blyk, ‘n weiperiode van
nie langer as 30 dae in ‘n kamp,
dus die veiligste opsie te wees vir
volhoubaarheid. Hou verder ingedagte dat Figuur 4 se resultate
onder optimale reënvaltoestande
(geen waterstremming) verkry is.
Droogte se impak op produktiwiteit word later volledig bespreek.
Met hierdie herontblaring van
smaaklike grasse elke 14 dae sal
die wortelstelsel van die smaaklike
spesies aansienlik afsterf ten koste
van groeikragtigheid. Met ‘n
droogte wat meer die reël as
uitsondering in groot weivelddele
is, sal die impak van wortelafsterwing nog veel erger wees soos in
Figuur 1 aangetoon, en sal
smaaklike grasspesies nie tot
dieselfde mate vir plantvoeding-
stowwe en beskikbare grondwater
kan kompeteer met die onsmaaklikes nie. Gevolglik is die risiko in
sulke gevalle baie groot dat
smaaklike grasspesies se hergroei
verswak en kan selfs tot grootskaalse afsterwing aanleiding gee.
Hierdeur sal die weiveld se toestand (gesondheid) ook afneem en
minder diere op die veld aangehou
kan word, wat weer die boer se
sak direk raak.
Tydens ‘n glashuisstudie was dit
duidelik dat onder optimale grondwatertoestande daar tot op 8 en
10 weke van onderskeidelik
weekliks en elke tweede week
ontblaring op 25 mm hoogtes,
steeds voldoende hergroei vir
beide skape en beeste was om te
benut. Waar die grasse op 50 mm
hoogte ontblaar is, was daar tot
op 12 weke voldoende hergroei vir
benutting deur skape en/of beeste
vir al die frekwensies van ontblaring. Van 4 tot 6 weke se strawwe