Agri Kultuur February / Februarie 2016 | Page 40

Prof Hennie Snyman Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT D ie impak wat ontblaring op beide bo- en ondergronds groei en ontwikkeling het moet nie onderskat word nie. In die verlede is meerendeels net aandag aan die bogrondse dele geskenk as dit by ontblaring kom, terwyl die ondergrondse komponente nie die aandag ontvang het wat dit verdien nie. Die impak van ontblaring op wortelgroei onder beide optimale en waterstressingstoestande is in ‘n studie ondersoek. Die impak van ontblaring op wortelgewig van rooigras (Themeda triandra) word in Figuur 1 vir optimale grondwatertoestande aangetoon. Alhoewel die 50 mm ontblaringshoogtes wortelgewig effens minder beïnvloed het vir al die frekwensies (weekliks, elke 2, 4, 6, 8 en 12 weke) van ontblaring as die van die 25 mm hoogtes, was die Foto 1. Uitgewaste wortels van rooigras nadat weekliks, 2, 3 en 4 weke ontblaar is, oor 12 weke periode. tendens feitlik dieselfde en daarom word slegs laasgenoemde ontblarings-intensiteit grafies voorgestel. Die moontlike rede vir hierdie klein variasie in ontblaringsintensiteit is reeds volledig onder die ontblaring en blaargroei afdeling bespreek. Dit is skokkend dat waar rooigras weekliks oor ‘n periode van 12 weke op 25 mm hoogte ontblaar is, die wortelgewig afname so hoog as Foto 2. Dikker wortels van rooigras sigbaar soos wat minder straf ontblaar is