in die plaagbevolking uitgewis. Die
weerstandbiedendes in die bevolking teel dan met die oorblywende vatbare indiwidue en vestig
dus geneties weerstandbiedenheid
in daardie indiwidue. Dit wil sê die
paar oorblywende “dommes” se
nageslag word slimmer en as die
siklus ‘n paar keer herhaal word
dan is daardie nageslagte superslim of totaal weerstandbiedend.
Die tweede metode waarop weerstand in die bevolking ontwikkel is
wanneer die plaagdoder oormatig
gedoseer word. Dit het tot gevolg
dat die hele vatbare deel van die
bevolking uitgewis word en slegs
die weerstandbiedende deel van die
bevolking oorbly. Hulle teel dan
sorgvry aan en in komende geslagte
is daar geen manier om hulle met
die betrokke plaagdoder te beheer
nie. ‘n Derde metode van weerstandontwikkeling is om plaagdoders van dieselfde groep in kort
siklusse na mekaar te gebruik.
Weereens kelder mens die vatbare
deel van die bevolking want hulle
het nie genoegsame tyd om te teel
en ‘n vatbare deel van die bevolking
voort te plant nie.
Nou wat gemaak om weerstand te
voorkom? Dit is tegnies onmoontlik
om weerstand heeltemal uit te
skakel want die oomblik as plaagbeheer begin word die eerste
saadjie van weerstand gevestig. Ons
kan bloot weerstand uitstel deur
slim te werk te gaan naamlik:
(1)
alle plaagdoders presies
volgens etiketvoorskrifte te
gebruik, veral betreffende
dosis en doserings-intervalle,
(2)
plaagdodergroepe met
mekaar af te wissel soos
byvoorbeeld diamiede af te
wissel met peritroiede
(3)
konstante monitering van
plae, siektes en onkruide in
plek te sit sodat enige weerstand vinnig waargeneem
kan word en teenmaatreëls
dadelik in plek gestel kan
word en laastens
(4)
geïntegreerde plaagbeheer
toe te pas.
Photo: https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/5/5b/Weisse-Fliege.jpg
Een van die grootste foute wat ‘n
produsent kan maak om weerstand
teë te werk is om, wanneer dit
waargeneem word, die dosis te
verhoog of doseringsintervalle te
verkort. Dit verhaas net die pad na
totale weerstand en kelder die
produsent se plaagbeheer. Deur die
dosis te verminder is net so sinneloos want die klein vatbare deel van
die plaagbevolking gaan net meer
en meer met die weerstandbiedende deel teel en die weerstandindeks
in die hele bevolking verhoog.
Produsente behoort by hul
verskaffers, plantwetenskaplikes,
entomoloë, mikrobioloë, onkruidkundiges en mikoloë aan te klop
vir raad oor weerstandbestuur.
CropLife Suid-Afrika wat die
plantbeskermingsbedryf se bedryfsorganisasie is, het ook baie
kundiges wat met raad kan
bystaan.
Kontak ons by 011-805-2000 of
[email protected].