Artikel deur Dr Gerhard H Verdoorn
Griffon Gifinligtingsentrum
Photo: Chris Kriel
D
arwinisme is ‘n filosofie
waaraan baie mense
steeds glo naamlik oorlewing van die sterkere
indiwidue in spesies. Daar is egter
‘n groot klemverskuiwing in hierdie
basiese filosofie na oorlewing van
die aanpasbares in spesies en juis in
landbou is dit uiters noodsaaklik
dat ons elke dag daaraan dink en
daaraan werk. Ons werk hard aan
kultivars en rasse wat droogtes,
siektes, peste en plae kan weerstaan en wonderbaarlik slaag ons
tot ‘n groot mate daarin. Dink maar
aan die nuwe droogtebestande
mielies en Ngunibeesras wat die
aanslae van die natuur met gemak
hanteer; dit is sulke ontwikkelings
wat landbou steeds volhoubaar en
winsgewend maak. Wat ons egter
heeltemal vergeet is dat die natuur
se organismes net so hard daaraan
werk om by uitdagings aan te pas
en dit nogal die uitdagings wat die
mens voor sy deur gooi.
Een van die mees basiese tegnieke
wat enige spesies in sy bestaan toepas is oorlewing. Dit word tot ‘n
groot mate gedryf deur die genetiese diversiteit binne ‘n spesie wat
beteken dat daar inherente verskille
tussen indiwidue van die spesie bestaan. Hierdie verskille is ‘n buffer
teen uitwissing want as een of
ander trauma die spesie tref sal ‘n
deel van die bevolking nadelig getref word maar ‘n ander deel sal dit
kan oorleef – laasgenoemde is die
aanpasbares wat die spesies se
voortbestaan verseker. Dit verskil
hemelsbreed van wat ons met
gewasproduksie doen naamlik om
spesifieke eienskappe te selekteer
en daarvoor te teel. Dit veroorsaak
dat landbougewasse en produksiediere hoogs produktief mag wees
maar weerstand teen ‘n groot aantal ander elemente inboet omdat
die indiwidue van die bevolking se
verskille op genetiese vlak uiters
gering is. Wanneer ons plaagbeheer
toepas, is ons de facto besig om die
spesies te selekteer vir bepaalde
eienskappe naamlik die vatbaarheid
vir plaagdoders. Dit wil sê dat
plaagbeheer die onaanpasbare
indiwidue uit die plaagspesie se
bevolking verwyder en die aanpasbare indiwidue in die proses onaangeraak laat. Hierdie tendens wat
ons sodanig bevorder staan bekend
as weerstandontwikkeling. In
eenvoudige terme gestel beteken
dit dat ons die “slimmes” in die
bevolking onaangeraak laat en die
“dommes” met plaagbeheer uit die
bevolking verwyder. Die nagevolge
is dat die landbousektor eindig met
baie slim of dan totaal weerstandbiedende plaagspesiebevolkings
wat onmoontlik is om te beheer.
Weerstand teen plaagdoders kan
op drie maniere gekataliseer word.
Die eerste is deur ‘n plaagdoder
onder die aanbevole dosis aan te
wend of oneffektief aan te wend.
Wanneer dit gebeur word slegs ‘n
gedeelte van die vatbare indiwidue