Agri Kultuur February / Februarie 2016 | Page 32

Artikel en foto’s verskaf deur World Focus M et die verlaagde reënval van verlede seisoen, toon al hoe meer grond - en waterontledings verhoogde vlakke van natrium (Na). Die potensiaal vir ’n negatiewe invloed op die komende seisoen is ’n realiteit aangesien sekere wintergewasse onder besproeiing, reeds tekens toon van verhoogde Na vlakke. Sekere groente gewasse toon ook verlaagde gewig en opbrengs weens verlaagde K en Ca vlakke in die plante, wat toegeskryf kan word aan die verhoogde Na vlakke in die water en grond. Drie redes waarom ‘n oormaat Na plante negatief kan beïnvloed:  Na:K verhouding t.o.v. K opname  Die invloed op die plantsap i.t.v die verhoudings van die verskillende katione wat sg. “ontwatering” tot gevolg kan hê.  Dit beïnvloed wortel vorming en die gevolglike Ca opname in plante. Kalsium speel ’n belangrike en unieke rol in gewasverbouing. Dit is een van die belangrikste en soms mees onderskatte plantvoedings aangesien Ca nie altyd as ‘makro’-voedingstof gesien word nie. Die essensiële funksies van Ca sluit die spektrum in vanaf selstruktuur in plante tot die deurlugting in grond. Verder is daar die minder bekende Calmodulin (Calcium modulated protein), ’n lewensbelangrike ensiem by plant - en dierselle wat afhanklik is van Ca en ‘n belangrike rol speel by:  Die energiesisteem van plante ADP ➞ ATP  Polariteit van selle  Afskeidings van selle insluitende beskerming teen swamme  Groei en seldeling  Genetiese uitdrukking in voortplanting/vrugvorming (Gene expression) Wat Ca verder uniek maak is die feit dat dit die enigste voedingstof is wat van die wortels na die blare/ groeipunte beweeg. (Marschner,1995) Dit kan nie in die floëem terugbeweeg vanaf die vrugte of blare na die wortels nie. Vir die rede sal ’n effektiewe blaarbespuiting, met ‘n Ca inhoud slegs die Ca tekorte in die area wat gedek is deur bespuiting, verlig. Complex Super Ca is een van die effektiewe produkte. ‘n Tekort aan Ca in die wortelsone kan tot die afsterf van die wortelselle Kuilvoer mielies wat met Ultra Fyn Gemikroniseerde Gips behandel is. 5Kg/Ha breedwerpig met trekkerspuit direk na plant. Daar is ook 1L/ha Gliogrow 10dae voor pluim deur die spilpunt toegedien.