Agri Kultuur February / Februarie 2016 | Page 11

Afrika se spil van sukses
As jy ’ n moderne landbouer is , is dit ook jou besigheid om geld te bespaar en die natuur te bewaar … SO IS DIT OOK MET ONS !
Ons spilpunte is gelaai met eienskappe wat juis dít doen !
• Ons gebruik as standaardtoerusting , die duurder sprinkelpakket op al ons spilpunte . Hierdie sprinkelaars “ sny ” die water in presiese druppelgroottes , wat die minimum verlies aan verdamping tot gevolg het . Boonop is die waterverspreiding perfek eweredig onder elke spuit , wat beter infiltrasie in die grond verseker , sonder onnodige afloop .
• Onafhanklike professionele waterskeduleringskundiges het bewys dat , deur hierdie sprinkelaars te gebruik , jy meer water in die grond kry as met die meeste ander spilpuntsprinkelpakkette tans beskikbaar . Dit bespaar jou direk geld deur die maksimum van die duur gepompte water , met die minimum verdampingsverliese of afloop , suksesvol in die grond te kry .
• Hierdie sprinkelaars funksioneer die beste tussen 0,42 bar en 1 bar druk , wat jou direk geld bespaar !
• Senter 360 is die ontwerpers van ’ n wêreld-eerste patent wat die laaste spuite op jou Senter 360 spilpunt gedurende die besproeiingsiklus skoon hou . Die resultaat is dat jy nie meer die buitenste hektare wat ten duurste geplant , besproei en bemes is verloor ( soos so algemeen deur produsente wêreldwyd as normaal aanvaar word ) as gevolg van verstopping gedurende die besproeiingsiklus nie .
• Die uitsonderlike sterk en gebalanseerde pypstruktuur is taaier , uiters windbestand en hou langer , veral deur daardie onverwagte verrassings wat die natuur soms op ons pad stuur .
• Die standaard , intelligente , millimeter-verstelbare toedieningsbeheer , verseker dat die regte toediening elke keer akkuraat neergesit word , sonder om oor of onder te besproei .
• Ook beskikbaar by Senter 360 is die akkurate multivlak grondvogmetingsapparaat wat jou in staat stel om ingeligte skeduleringsbesluite te neem en keer op keer die regte toediening te verseker . Dit is ook onafhanklik bewys , dat met dié toerusting nie net water bespaar word nie , maar ook kunsmis in die grond minder geloog word , terwyl opbrengste verhoog !
Nie net nóg ‘ n spilpunt nie ... dis ‘ n SENTER 360 !
Korporatief
Tegnies
Tel : + 27 18 469 1331 E-pos : info @ senter360 . co . za www . senter360 . co . za Afrika se spil van sukses