Agri Kultuur December / Desember 2018 | Page 40

Bonnievale Wynkelder groep, John Barnardt, is in dieselfde posisie aangestel as uitvoerende hoof van Bonnievale Wynkelder Edms. Bpk. “Die samesmetling is die gevolg van die wedersydse behoeftes van beide organisasies, wat elkeen ver gevorder is op die reis na erkenning vir hul hoë kwaliteit en hoë waarde wyne,” sê Barnardt. “Noudat die ooreenkoms bekragtig is, bied dit die geleentheid om selfs groter toegevoegde waarde en voortgesette mark- en kliënt-ontwikkeling moontlik te maak.” “Die wynbedryf het geen tekort aan koop- en-verkoop, wynberging en wyndiens- ooreenkomste nie,” voeg hy by. “Op die lange duur sal baie van hierdie ooreenkomste deur veranderende produksie- en marktoestande getoets word. Om die langtermyn marksekuriteit te verseker, bied amalgamasie aan die wynmark die sekuriteit van volhoubare langtermyn verskaffing. Amalgamasie stel ons ook verder in staat om al ons hulpbronne - leierskap, bestuur, druifproduksie, wynproduksie, finansies en bemarking -  saam te voeg. Dit is die tweede amalgamasie wat die Bonnievale Wynkelder groep in 12 jaar afhandel. Die  Bonnievale Wynkelder Koöperatief Bpk. is in November 2006 gestig, na die drieledige samesmelting van Bonnievale-, Merwespont- en Nordale koöperatiewe wynkelders, wat meer as ’n dekade se groei vir die lede-kelders ingelui het. Die volgehoue fokus op hoë kwaliteit en hoë waarde, het onlangs die opknapping van sy portefeulje en bekendstelling van die River Collection-reeks, wat reeds ’n hele gros plaaslike- en internasionale toekennings ingepalm het, ingesluit. PWC Robertson het die transaksie as korporatiewe raadgewers ondersteun en Conradie Prokureurs (Worcester) het die regsdienste verskaf. “Al die spelers voel deel van ’n groter span, wat op sy beurt weer verhoogde vlakke van korporatiewe bestuur en verantwoordelikheid verg.” Ná die samesmelting is die kelder kapasiteit 40 000 ton. Bemagtiging bly steeds ’n groot fokus onder Bonnievale Wynkelder Edms. Bpk. Dit sluit ’n fokus op wingerd-eienaarskap, wat hoofsaaklik deur vryemark vraag-en-aanbod gedryf word, maar met die hooffokus op bestaande plase in Swart besit, verhoogde deelname in middel- en senior wynkelder- bestuur, SEB aandeelhouding in ’n filiaal wynbemarkingsmaatskappy en verhoogde deelname in gemeenskapsprojekte. Wandsbeck is in 1965 gestig en was tot 2004 as Agterkliphoogte Koöperatiewe Kelder -  vernoem na die gebied waar dit geleë is - bekend. Die wynkelder is sowat 60km van Bonnievale, halfpad tussen McGregor en Villiersdorp. Sy eie handelsmerk-reeks sluit ’n diverse portefeulje rooi- en wit-, droë- en soetwyne, sowel as druiwesap in. AgriKultuur |AgriCulture 40