Agri Kultuur December / Desember 2018 | Page 39

Wandsbeck Kelder “Wandsbeck Wyne is opgewonde om met Bonnievale Wynkelder saam te smelt,” sê Wandsbeck-voorsitter, Philbert Lourens. “Wandsbeck het goeie kultivar-diversiteit, ’n unieke styl en -klimaat, wat alles sal bydra tot die groep se doelwitte en prestasies. “Wandsbeck se ledetal en tonnemaat het die afgelope paar jaar afgeneem en die verwagting is dat die groter maatskappy die produksiekoste sal laat daal en winsgewindheid sal laat styg. Ons het ten doel om ’n goeie ekonomiese- en volhoubare toekoms vir ons lede te skep.” Volgens die Bonnievale Wynkelder-groep se voorsitter, Anton Smuts, het die veranderende produksie- en bemarkingstoestande hierdie samesmelting-strategie gedryf om produsent- volhoubaarheid en -winsgewendheid, produk- verskaffing en uitbreiding en langtermyn mark sekuriteit en toekomstige groei, te verseker. “Die bedryf sal ook moet konsolideer en hergroepeer - van beide ’n produksie- sowel as ’n bemarkingsperspektief - om langtermyn volhoubaarheid en dinamiese vooruitgang teweeg te bring. Hierdie amalgamasie AgriKultuur |AgriCulture skep voorts ’n wyer voetspoor vir terroir- moontlikhede, wat die huidige spektrum versterk en uitbrei. “Die leierspanne van beide Bonnievale en Wandsbeck, het die noodsaaklikheid identifiseer om ’n aantreklike, dog soliede platform te skep, wat ons druifprodusente aanspoor om nuwe wingerde aan te plant en langtermyn winsgewendheid en groei te verseker.” Onder die ooreenkoms sal die produksie by die bestaande fasiliteite - drie van die Bonnievale Wynkelder groep en een by Wandsbeck - voortgaan. Elke wynkelder sal op volle kapasiteit funksioneer, met ’n wynmaker en produksiespan in die kelder. Al die wynmakers bly in hul huidige poste en sal aan die hoof-wynmaker, Marthinus Rademeyer, rapporteer. Die bestuur en administratiewe personeel sal vanuit die voormalige  Bonnievale Wynkelder groep se kantore werk, wat ook die tuiste is van die handelsmerk gasvryheidsentrum en kliëntediens-middelpunt vir beide entiteite. Die hoof uitvoerende beampte van die 39