Agri Kultuur December / Desember 2018 | Page 38

R300 miljoen samesmelting plaas wynreus op koers vir langtermyn sukses D ie Bonnievale Wynkelder-groep en Wandsbeck Wyne smelt saam en vorm ’n wynmaatskappy met bates van meer as R300m. Die wynkelders in die Robertson-streek se amalgamasie het die stigting van een van die Kaap se grootste wynprodusente, wat as Bonnievale Wynkelder Edms. Bpk. bekend sal wees, tot gevolg. Die ooreenkoms volg op samesprekings tussen produsentelede en direkteure wat meer as 15 maande geduur het. Die besluit is Donderdag 29 November by ’n gesamentlike stemming van die aandeelhouer-lede bekragtig. Bonnievale Wynkelder AgriKultuur |AgriCulture 38