Agri Kultuur December / Desember 2015 | Page 68

Engela Duvenage C henin Blanc is die wyndruifkultivar wat seker al die langste in Suid-Afrika verbou word – al sedert Jan van Riebeeck se dae, om die waarheid te sê. Geskrifte uit die Kaaps-Hollandse jare verwys soms na die aanplant van “Steen” en later selfs ook “Stein”. Dit was egter alles een en dieselfde ding, het wingerdkundige prof Chris Orffer van die Universiteit Stellenbosch egter al in 1963 beslis. Volgens bedryfstatistiek uit 2012 is Chenin Blanc ook die wyndruifkultivar wat die meeste in SuidAfrika geplant word. Tot 18% van wingerde is daarmee beplant. Die hele oes eindig egter nie in tipiese liggroen of deursigtige wynbottels nie, aangesien ‘n groot deel onder meer gebruik word vir die distel- lering van brandewyn. Sedert die 1990’s geniet Chenin Blanc ‘n groeiende aansien onder Suid-Afrikaanse wynliefhebbers, met wynmakers wat hulself toenemend daarop toelê om verskillende style en pryswenners te bottel. (Gaan loer gerus by die Chenin Blanc Vereniging se webblad www.chenin.co.za vir ‘n kitskursus oor dié wyne).