Agri Kultuur December / Desember 2015 | Page 54

bates tussen die begunstigdes verdeel moet word by beëindiging van die trust. Daar word dan gewoonlik ook gestipuleer dat die klousule geensins die effek sal hê dat die persoon die trustbates vir homself of sy boedel kan begunstig nie en dat die klousule nie veroorsaak dat die trustbates onder klousule 3(3)(d) van die boedelbelastingwet as geagte bates in die individu se boedel ge-reken kan word nie. Die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens huldig egter deesdae die seining dat die feit dat die individu kon besluit aan wie die bates oorgedra moet word hom die mag oor die bates gegee het en dit wel geagte bates in sy boedel is. Aangesien bitter min mense wel die testamentêre voorbehoud in hul testamente uitoefen is dit veiliger vir diegene wat dit nie uitoefen nie om eerder die klousule uit die trustakte te verwyder. Dit is tog onsinnig om die risiko te loop as die klousule in elk geval nie benut word nie. Diegene wat wel in hul testamente bepaal hoe die trustbates verdeel moet word kan dit ook oorweeg om eerder die klousule in die trustakte te skrap en hulle wense rakende die verdeling van die trustbates eerder in ‘n wensebrief te vervat. Dit is nie wetlik afdwingbaar soos die testamentêre voorbehoud en gepaardgaande uitoefening daarvan in die testament nie, maar gee wel aan die trustees ‘n duidelike aanduiding van die persoon se wense. Indien boegenoemde drie punte reg hanteer word behoort daar geen rede te wees op grond waarvan die Suid Afrikaanse Inkomste Diens kan aanspraak maak om trustbates in ‘n individu se boedel te belas nie. Arnand Stofberg – B Agric Admin (US); B Compt (UNISA) Direkteur: Boshoff Visser Worcester (Edms) Bpk; Boshoff Visser Groep (Edms) Bpk Tel: 02334 22374 Epos: [email protected] Bostaande is slegs ter inligting en is geensins advies nie. Boshoff Visser raai alle lesers aan om met 'n kundige finansiële adviseur in verbinding te tree voordat enige besluite geneem word.