Agri Kultuur December / Desember 2015 | Page 37

Interne parasiete soos rondewurms, is veral ‘n probleem by skape. Die probleem eskaleer as die gras te kort gevreet word, aangesien die parasiet larwe gewoonlik aan die onderkant van die plant voorkom. Beeste is minder vatbaar vir baie van die skaap interne parasiete. Beeste kan as ‘n “stofsuier” gebruik word om baie van die parasiete op die weidings op te neem sodat daar minder parasiete op die weidings voorkom sodra skape in die kampe ingaan. Dit is egter belangrik om die parasiet status van jou plaas te ken, sodat die korrekte middel gebruik kan word om die parasiete teen te werk. Jou veemedisyne verteenwoordiger kan jou baie help in hierdie geval. Diere kan ook nie net veld vreet nie. Byvoeding in die vorm van lekke kan met groot sukses aan skaap en bees gevoer word, en dit word ook so aanbeveel sodat jou diere se produksie en reproduksie op gewenste vlakke kan wees. Een so produk wat kan help, is Molatek se Meester 20. Meester 20 is ‘n proteien-mineraalenergie aanvulling vir beide skaap en bees. Omdat Meester 20 die nodige minerale en spoorminerale bevat wat krities is tydens produksie en reproduksie, kan Meester 20 veral gebruik vir swaardragtige en lakterende vleisbeeste sowel as die uitgroei van jong ooitjies en verse op volwasse weidings. Meester 20 word ook met groot sukses gebruik waar diere op laer kwaliteit groenweidings wei, soos byvoorbeeld volwasse natuurlike veld of selfs winterveld. Meester 20 verseker optimale liggaamskondisie en verbeter konsepsie wat toegee aan verbeterde lam en kalf persentasies. Verhoogde lam- en kalfpersentasies kom veral voor as Meester 20 gebruik word om vroulike diere op te stoom en gebruik word tydens die laaste trimester van dragtigheid. Melkproduksie word bevorder wat toegee aan swaarder speenmassas, veral waar Meester 20 saam met Molatek Bypass gebruik word. Meester 20 verseker ook verhoogde groeitempo’s by speenkalwers en lammers wat toegee dat diere moontlik vroeër as normaal gespeen kan word.