Agri Kultuur December / Desember 2015 | Page 20

het geen na-werking of residuele aksie nie. In talle kringe bestaan ‘n misvatting dat grondmiddels grootskaalse gras -skade veroorsaak, wat noodwendig weiveldverbetering benadeel. Die stelling is ver van die waarheid, aangesien die middels juis ontwikkel is met weiveldverbetering ten doel. Hoewel geringe grasskade wel kan voorkom, word dit binne die derde jaar na toediening uitgekanselleer danksy die ontploffing in die vestiging van grassaailinge. Chemiese beheer van slangbos kan reeds so vroeg as die lente geskied sodra die bosse begin uitloop en die risiko van veldvure verby is. Die rede hiervoor is dat hitte afkomstig van brande die middel sal vernietig indien dit nie genoeg gereën (50 mm) het nie. Struike en bos is nie soos meerjarige grasse ingestel om groeireserwes te gaan berg net voor die eerste ryp voorkom nie. Die algemene opvatting bestaan wel dat chemiese beheer van slangbos eers in die herfs moet geskied sodra hulle groeireserwes gaan berg, om sodoende die chemiese middel die effektiefste te laat opneem – wat totaal nie waar is soos reeds genoem. Dit is bereken dat met 50% verlaging in weidingkapasiteit van die Digte stand slangbos plaas (ongeveer 2 000-3 000 slangbosse per hektaar), teen ‘n chemiese middel van R450 per ha spandeer, hierdie koste oor minder as 3 jaar weer verhaal sal word indien met wolskape geboer word. Hierdie verhalingskoste sal met die boer van beeste (speenkalfstelsel) bietjie langer as 3 jaar neem. Baie belangrik is dat die koste van chemiese beheer van slangbos wel afgespeel moet word teen die waarde van die plaas. Is dit nie skokkend dat 'n boer wie se weidingkapasiteit van sy weiveld met 75% verlaag is en sy plaas byvoorbeeld R7 000 per hektaar werd is, nie bereid is om R400 per hektaar aan chemiese middels te spandeer nie. Hierdie is ‘n goeie voorbeeld van vertikale uitbreiding eerder as horisontaal. Die boer besit reeds die plaas waarom dit nie optimaal benut nie. Die meer diere wat op slangbosvrye weiveld aangehou kan word, vorm die kern van die verhaal. Baie belangrik natuurlik is ‘n opvolgaksie van beheer nadat die slangbosse chemies beheer is. Enkele suksesverhale Bogenoemde beraming van koste verhaling word deur dr Chris Reinecke wat in die Vredefort distrik boer ondersteun. Die slangbos was met lugtoediening van Molopo chemiese getakel. Sy plaas se topografie het hom nie daartoe geleen om trekkerbespuiting toe te pas nie, terwyl lugtoediening ook baie vinnig was. Volgens sy berekening sal die koste van chemiese beheer, waar die weidingkapasiteit van sy weiveld deur slangbosindringing gehalveer is, na slegs 3 jaar weer verhaal word. Dit was bereken vir ‘n beesboerderystelsel. Op die plaas Eden van mnr Philip Henning, naby Thaba Nchu, is behalwe vir die intensiewe ekologiese studies op slangbos deur die Universiteit van die Vrystaat uitgevoer, ook lugtoediening van Molopo suksesvol met behulp van ‘n vliegtuig gedoen. Die langtermyn weidingkapasiteit van hierdie gebied is 5 ha/GVE en die slangbos besmette gedeeltes se weidingkapasiteit is oor jare verlaag tot gemiddeld 10.7 ha/GVE weens slangbos besmetting. Die slangbos wat beheer was het bestaan uit ‘n besonder digte stand (ongeveer 7 000 plante/hektaar), wat teen ‘n rant voorgekom het. Twee jaar na die suksesvolle beheer van die slangbos het die weidingkapasiteit reeds tot 7 ha/GVE verbeter. Dit moet ook ingedagte gehou word dat die eerste jaar van toediening ‘n Slangbos van naby