Prof Hennie Snyman
Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde
UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT
Chris Richter
TERRACARE VEGETATION CONSULTANTS
V
eeboere sit met hulle
hande in hul hare oor die
geweldige verlaging in
weidingkapasiteit wat
grootskaalse indringing van slang-/
bankrot-/vaalbos of in die Kaap
bekend as Khoi-kooigoed
(Seriphium plumosum) tot gevolg
het. Die spesie plumosum is die
aggressiewe indringer, terwyl daar
in die Wes-Kaap nog vier ander
spesies voorkom wat nie indring
nie. Dit het voorheen onder die
wetenskaplike naam Stoebe vulgaris
bekend gestaan. Verlagings in weidingkapasiteit van produktiewe
grasveld van so hoog as 70-80%
kom reeds in sekere gebiede van die
Oos-Kaap, Vrystaat, Mpumalanga,
Noordwes en Gauteng voor. Talle
navrae word ontvang oor hoe mens
daarvan op ‘n goedkoop en ekologies verantwoordbare manier ontslae kan raak. ‘n Verdere vraag is of
jy wel weer jou geld sal kan verhaal
met byvoorbeeld die aanwending
van chemiese beheermaatreëls.
Daar bestaan reeds verskeie beheermaatreëls wat nog nie almal die
toets van die tyd deurstaan het nie:
uitkap (arbeids intensief), brand
(stimuleer saad ontkieming), bio-
logiese beheer (geen kewer bestaan
tans wat op dit teer nie) en benutting deur diere (slegs Elande benut
dit baie doeltreffend – mak diere
slegs tot ‘n mate in jong stadium).
Navorsing deur die Universiteit van
die Vrystaat uitgevoer, het duidelik
uitgewys dat die indringing van
hierdie probleemplant beslis nie
boere se skuld is weens, byvoorbeeld, oorbeweiding nie. Daarom
moet iets drasties gedoen word om
daarvan ontslae te raak. Selfs die
regering behoort ‘n groter finansiële bydrae te maak tot die beheer
daarvan. Dit help ook nie een boer
bestry slangbos en sy buurman
staan onverskillig teenoor die
probleem nie. Indien dit eers op ‘n
plaas is, dring dit selfs veld in goeie
toestand in, aangesien digte veld ‘n
gunstige habitat vir verspreiding en
vestiging skep.
Weidingkapasiteit verlaging
Dit is duidelik dat ‘n toename in
slangbosdigtheid ‘n aansienlike afname in grasproduksie in die hand
werk (Figuur 1). Opvallend van die
figuur is dat die afname in grasproduksie nie so erg deur digtheid
beïnvloed word tot by ongeveer 2
000 bosse per hektaar nie, waarna
dit drasties afneem met ‘n verdere
verdigting. Grasproduksieverlies
weens slangbosverdigting verskil
slegs met sowat 17% tussen die
2 000 tot 5 000 bosse per hektaar.
Dit kan wees dat by ‘n digtheid van
tussen 2 000 en 5 000 bosse per
hektaar, die wortels van die bosse
sodanig versprei het dat dit baie
sterker vir water en plantvoedingstowwe as die gras kompeteer.
Die afleiding kan gemaak word dat
indien die indringing ‘n vlak van 2
000 bosse per hektaar bereik het,
dit ongeag verdere indringing reeds
die produksiepotensiaal van die
weiveld met ongeveer 69% verlaag
het. Indien die langtermyn weidingkapasiteit van ‘n veeboer se plaas
byvoorbeeld op 6 ha/grootveeeenheid (GVE) bereken is en daar
slangbos-indringing van tussen 2
000 en 5 000 bosse per hektaar
voorkom, sal dit sy weidingkapasiteit na onderskeidelik tussen 9 en
12 ha/GVE verlaag. Gevolglik kan
net ongeveer die helfte van die
aantal diere aangehou word as wat
die plaas se werklike potensiaal is.
In meeste gevalle hou boere nie
tred met hierdie grasprodusieverlaging nie en gevolglik word