Agri Kultuur August / Agustus 2016 | Page 35

Figuur 1 Wortels nadat plante straf, matig en lig ontblaar is Foto 2. Swenkgras onder besproeiing blaaroppervlakte verwyder word. Indien slegs 40-50% van blaaroppervlakte verwyder word sal die wortels nie groei staak nie, maar slegs stadiger groei toon. klem gelê op slegs die bogrondse groei en ontwikkeling van die weiplant, terwyl wortelstudies nie die nodige aandag geniet het wat dit verdien nie. ‘n Staking of vertraging in wortelgroei sal dus wortelverlenging beïnvloed en noodwendig 'n nadelige invloed op wortelverspreiding en dus effektiewe water- en voedingstofopname, vanuit die grond, hê. So ‘n plant mag ook meer droogte sensitief wees as een met ‘n goed verspreide wortelstelsel. Die boer het tog die hele grond profiel op sy plaas gekoop – waarom net op die boonste grond lae boer.  Samevatting  In die verlede is miskien te veel Dit word algemeen aanvaar dat ondergrondse groei van grasse baie meer deur drastiese ontblarings benadeel word as bogrondse groei. Hierdie aspek moet beslis verreken word in enige bestuurstelsel op beide aangeplante weidings en natuurlike weiveld.  Aangesien daar ook ‘n negatiewe verwantskap bestaan tussen bogrondse en ondergrondse groei, sal wortelgroei slegs plaasvind indien oormatige hoeveelhede groeireserwes in die plant beskikbaar is.  Hierdie drastiese effek van ontblaring op die produktiwiteit van die weiplant is vasgestel op aangeplanteweidings wat besproei en bemes is. Hoe meer negatief sal dit nie op natuurlike veld inwerk wat slegs aangewese is op natuurlike klimaatstoestande nie?  Al bogenoemde aspekte moet verreken word in die strewe na ‘n volhoubare produksiestelsel vanaf, nie net aangeplan te weidings nie, maar ook vanaf natuurlike veld. Dit is dus nie net die intensiteit waarteen die gewas ontblaar word wat belangrik is nie, maar voldoende rustyd is van groot belang om die groeikragtigheid van die weiding te versterk. Gids tot volhoubare produksie van weiding Die gewilde weidingboek saamgestel deur professor Hennie Snyman (Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde, Universiteit van die Vrystaat) is pas herdruk. Beskikbaar by: [email protected] Tel 021 4064962 R400 plus posgeld Kan ook direk elektronies bestel word deur te gaan na: www.landbou.com Gaan heel na “winkel”, en kies dan “weidingboek.” Die boek kan dan met ‘n Kredietkaart bestel word. ‘n Moet vir elke vee- en wildboer!