Agri Kultuur August / Agustus 2016 | Page 34

Prof Hennie Snyman Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT S oos duidelik vanuit vorige aflewering blyk, herstel wortelstelsels van weiplante na ontblaring nie naastenby teen dieselfde tempo as die bogrondse plantdele nie. Gevolglik moet ‘n veel langer rusperiode vir wortelherstel in die bestuursbeplanning ingebou word ten einde volhoubare produksie te verseker. Indien dit nie toegelaat word nie, sal weiveld en aangeplante weidings met ‘n swak verspreide wortelstelsel ‘n boer des te meer aan mensgemaakte droogte uitlewer. ‘n Plant met ‘n swak verspreide wortelstelsel is meer droogte-sensitief, het ‘n swak groeikragtigheid en is dus nie in staat om ten volle die water en voedingstowwe vanuit die grond te onttrek nie. In ‘n ondersoek is ‘n aangeplante weiding naamlik Festuca arundinaceae (langswenkgras) onder besproeiing aan drie intensiteite (20, 40 en 80 mm) en drie frekwensies (weekliks, elke derde week en elke nege weke) van ontblaring onderwerp. Hierdie is ‘n meerjarige aangeplante weiding wat gewoonlik onder besproeiing verbou word en ‘n baie goeie lente en herfs weiding bied. Hierdie spesifieke gras is slegs as voorbeeld gebruik ten einde uit te wys dat, ten spyte daarvan dat ‘n aangeplante weiding wel besproei en bemes word, sy produktiwiteit en wortelgroei drasties deur verskillende tipes ontblaring beïnvloed kan word. Dieselfde tendense kan ook na natuurlike weiveld deurgetrek word wat verskillend ontblaar word. blaarproduksie van die drieweeklikse ontblarings het redelik konstant oor die proefperiode gebly en die hoogste totale blaarproduksie oor die seisoen gelewer. Wortelmassa Opvallend was dat die wortelmassa afgeneem het hoe strawwer die plante ontblaar is. Die plante wat byvoorbeeld op 20 mm hoogte ontblaar is, se wortelmassa was vyf keer laer as dié wat op 80 mm hoogte ontblaar is. Die blaaroppervlakte van die 20 mm hoogte ontblarings het oor die proefperiode ook skerp afgeneem, terwyl die 40 en 80 mm hoogtes 'n konstante hoë produksie gehandhaaf het. Hieruit blyk dit duidelik dat ‘n strawwe ontblaring aanleiding gee tot ‘n lae wortelmassa en blaarproduksie. Kort ontblaarde plante is dus ook langer aangewese op die onttrekking van groeireserwes vir hergroei wat andersins vir produksie gebruik kon word. Die les wat hieruit geleer word is dat ten spyte daarvan dat ‘n gewas besproei en bemes word, benodig dit steeds voldoende blaaroppervlakte om die opname van water en voedingstowwe vanuit die grond te laat plaasvind. Die blaaroppervlakte vorm dus die fabriek van die plant wat dus voldoende rus moet kry vir herstel voor ‘n daaropvolgende ontblaring mag plaasvind. ‘n Mens sou kon verwag dat omdat die gewas besproei en bemes is, ontblaring nie ‘n noemenswaardige invloed op produksie sou kon hê nie. Die teendeel is egter in hierdie studie bewys deur dat die fabriek van die plant die sentrale fokus vir optimale produksie vorm. Hoe meer gereeld die grasse ontblaar is, hoe laer was die wortelmassa (Figuur 1). Waar die plante weekliks ontblaar is, was die wortelmassa onderskeidelik drie en vyf keer laer as dié verkry vanaf die drie- en negeweeklikse ontblarings. Interessant was dat die weeklikse ontblarings teen 20 mm hoogte se blaarproduksie na slegs vyf weke skerp afgeneem het, terwyl dieselfde plante na nege weke tekens van afsterwing begin toon het. Die Wortellengte Die blote afname in wortelmassa weens intensiteit en frekwensie van ontblaring van minder belang as die feit dat wortelgroei deur ontblaring vertraag word. ‘n Enkele snysel of ontblaring waarmee 90% van die blaaroppervlakte verwyder word kan ‘n algehele staking in wortelgroei vir so lank as 17 dae tot gevolg hê. ‘n Tagtig persent verwydering van blaaroppervlakte laat wortels vir so lank as 12 dae groei staak, teenoor slegs ‘n gedeeltelike staking van wortelgroei indien 60%