AGRI KOMBUIS / KITCHEN Agri Kitchen / Agri Kombuis 2016 | Page 91

Ertjiesop 250 g (1 k) droë splitertjies, gewas 2 lit (8 k) koue water of vleisaftreksel (Ek gebruik sommer die gerookte varkskenkel se water) 500 g varkskenkel 25 g spekvleis (in stukkies gekap) 1 groot aartappel gerasper of in blokkies gesny 1 groot geelwortel gerasper of in blokkies gesny 2 seldery stokkies gewas en gekerf 1 medium ui fyngekap 2 lourierblare Sout en peper na smaak Pietersielie vir garnering Aanwysings: Ek is altyd haastig wanneer ek sop maak en gebruik sommer die drukkoker. Dan is dit nie nodig om ertjies eers oornag in water te week nie. Kook die gerookte skenkel vir sowat 30 minute in die water. Haal die skenkel uit en voeg al die bestanddele behalwe die pietersielie by die water en kook vir sowat ‘n uur in die drukkoker tot gaar. Sny intussen die skenkelvleis in klein stukkies Voeg die sout en peper by na smaak. Indien nodig kan die sopmengsel deur ‘n sif gevryf word. Ek gebruik sommer ons Braun “bizzzer”. (Ek dink julle weet waarvan ek praat! Voeg dan die stukkies skenkelvleis en die gekapte spek by die mengsel, prut stadig vir sowat 5 minute en skep op. Garneer met die pietersielie en lê weg totdat jy nie meer honger is nie. Afhangend van hoe honger almal teen die tyd is, is hierdie pot sop genoeg vir so 6-8 porsies. As daar oorbly, maak jy vir jouself ‘n koppie vol warm net voor slaaptyd en geniet dit saam met ‘n lekker boek.