AGRI KOMBUIS / KITCHEN Agri Kitchen / Agri Kombuis 2016 | Page 76

Bestanddele Wildsvleis 1.5kg skenkels met vleis aan of opgesaagde nek ½ pakke ontbytspek of 2 russians opgesny 5 ml sout 1 ui gekap 250 g vars sampioene of 1 blikkie 25 ml asyn Peper na smaak 4 heel naeltjies 15 ml worcestersous 10 ml souspoeier Bestanddele Kors 125 ml meelblom 10 ml bakpoeier Knippie sout 30 ml botter 125 ml melk 1 eier Metode Wildsvleis Bedek skenkels met water in dikboomkastrol. Voeg asyn, naeltjies, uie, sout en peper by en kook vir 3-5 uur oor matige hitte tot sag. (kan ook in in die druk koker gedoen word, dan is die tyd baie korter.) Voeg nou die ontbytspek/Russians en sampioene by en kook nog vir 30 min. Verdik nou die sous in die kastrol met bisto en worcestersous. Skep oor in vuurvaste bak. Metode pasteikors: Sif al die droë bestanddele . Vryf botter met vingerpunte in die meel in. Klits die eier en voeg die melk by. Meng die meel om ‘n slap deeg te vorm. Skep met lepel oor warm gaar vleis en bak vir 10min by 200 C tot goudbruin.