AGRI KOMBUIS / KITCHEN Agri Kitchen / Agri Kombuis 2016 | Page 75

Resep: Rene Truter Wessels Bestanddele 750 g gemaalde wildsvleis 50 ml olie 1 ui, gekap 15 ml kerriepoeier 7 ml sout 30 ml bruin asyn 90 ml appelkooskonfyt 1 Granny Smith-appel, gerasper 50 ml pitlose rosyne 1 sny witbrood 350 ml melk 2 eiers 5 ml borrie 4 vars suurlemoen- of lourierblare. Metode Verhit die olie in 'n swaarboomkastrol en soteer die ui tot sag en deurskynend. Voeg die kerrie poeier by en braai dit 1 minute lank. Voeg die maalvleis by en braai dit totdat die vleis verbruin. Voeg die sout, asyn, appelkooskonfyt, appel en rosyne by. Plaas die deksel op en prut dit 10 minute lank. Week die brood in melk. Druk die melk uit en voeg die brood by die vleismengsel. Skep die vleismengsel in 'n vuurvaste oondskottel. Klits die eiers en melk saam en voeg borrie by. Druk die suurlemoen- of lourierblare in die vleismengsel en giet die eiermengsel bo-oor . Bak dit 40 minute lank in 'n voor verhitte oond teen 180 C totdat die vla gestol het.