AGRI KOMBUIS / KITCHEN Agri Kitchen / Agri Kombuis 2016 | Page 33

Toortsie .Bestanddele: 50 ml botter 1 ui 3 knoffelhuisies 1 soetrissie 2 koppe broccoli 1 beesvleisblokkie 4 takkies vars pietersielie 5 ml gemengde kruie 3 ml peper 250 g spek 250 ml room 250 ml gerasperde cheddarkaas Metode: Kap die ui, knoffel en soetrissie fyn. Breek die broccoli in blommetjies. Sny die ergste dik stingels af. Kap die pietersielie fyn. Gebruik ‘n middelslaggrootte pot en smelt die botter daarin. Braai die ui, knoffel en soetrissie in die botter tot sag. Voeg nog botter by indien nodig. Voeg die broccoli, beesvleisblokkie, kruie, speserye en spek by. Voeg 500 ml water by. Kook tot dit alles sag en gaar is. Maak dit fyn met ‘n stokmenger. Voeg die room en gerasperde kaas by. Meng dit goed en gee die kaas kans om te smelt. Wanneer bedien, krummel fetakaas of bloukaas oor.