AGRI KOMBUIS / KITCHEN Agri Kitchen / Agri Kombuis 2016 | Page 20

Sarel Jacobus Koortzen Kgalagadi Lodge restaurant Lente is hier en net soos ons Suid-Afrikaners is, kan sal ons vir enige en elke geleentheid vuur aansteek. Hier is ‘n heerlike en maklike springbok filet sosaties toegedraai in repies spek resep met ‘n interessante sampioenbotter met basilie pesto, tamatie, mozzarella- en spekbraaibroodjie. Vir die sosatie 400 gram springbok filet in wiele van 5 cm gesny 120 gram spek 60 g sampioene fyn opgekap Halwe ui fyngekap 50 gesoute botter 1 groot groenrissie 1 heel vars pynappel Growwe sout en peper na smaak Braai marinade Vir die braaibroodjie 4 snye wit of bruin brood 45ml basilie pesto 30 ml botter 80 gram mozzarella kaas 30 gram sterk cheddar 3 repies spek, vooraf gebraai 1 tamatie, skyfies gesny Metode Gooi olie in pan en braai uie tot goudbruin, voeg sampioene in en braai tot sampioene sag en gaar is. Sprinkel met sout en peper en laat bietjie afkoel. Wanneer uie mengsel lou na koud is roer botter by en laat afkoel. Lê solank filet wiele in, in die sap van 1 suurlemoen, 80 ml olyfolie en baie growwe swart peper. Sit filet wiele plat neer met grein na onder. Met ‘n skerp mes, maak ‘n sny teen die kant van die filet wiel om ‘n sakkie te vorm. Met ‘n teelepel skep sakkies vol uie- en sampioenmengsel. As daar oorbly kan dit teen die kante gesmeer word. Draai dan toe met spek en gebruik sosatiestokkie om spek in plek te hou. Herhaal met al die filet wiele, gebruik die soetrissie en pynappel om tussenin te sit.